Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Video en podsending | As net een groep Suid-Afrikaners uitgesonder word as slagoffers – Hoe praat ons oor slagofferskap? Deel 2

Hierdie Forumbydrae is geskryf en regstreeks deur 'n Kerkbode-blogger opgelaai.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat voorkeur gegee word vir (net wit?) Afrikaanse boere (ook net hulle?) om vir vlugtelingstatus aansoek te doen by die VSA?

In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson asook Oos-Kaapse kerkleier, ds Danie Mouton, wat ook by interessante inisiatiewe betrokke is wat versoening en samewerking oor ras- en kerkgrense bevorder.

Ons kyk na hoe ons praat oor die mense wat wel Amerikaans vlugtelingstatus ontvang sowel as die uitdagings wat dit skep vir gesprekke plaaslik. Soos Kerkbode se oud-redakteur noem, “aan die een kant het ons te doen met mense wat keuses gemaak het en wie se toekoms onseker is met wie Jesus ons leer om deernis te hê … aan die ander kant is daar ’n politieke spel waarin daar ’n klomp leuens vertel word en hierdie mense is daarin vasgevang”.

Luister en kyk ook : Podsending | Hoe praat ons oor slagofferskap? – Kollig gesels met Schalk van Heerden en Ivor Swartz

Een van die vrae op die tafel is die impak wat hierdie stand van sake het op ons verhoudings met mede-Suid-Afrikaners wat uit ander kultuurgroepe kom.

En ons hoor van die hoop wat stories vanuit die kerk kan bied wat vertel van koalisies wat gebou word en regkry om mense bymekaar te bring en saam hulle omgewing te verander.

Hoofstukke:

01:47 Deernis nodig met mense se keuses

04:18 Dilemma van net een groep wat uitgesonder word

06:36 Alle Suid-Afrikaanse burgers kan slagoffers wees

11:33 Versigtig vir ’n herleef van die kokon van Afrikaner-nasionalisme

13:13 Kuns is om koalisies te bou

15:50 Meer stories nodig oor samewerking

14:07 Die volg van Jesus se voorbeeld

20:55 Meer stories nodig van God se genade wat deur die kerk vloei na buite

23:13 Wat ons land nodig het van die kerk

Vriende van Kerkbode

Ondersteun Kerkbode, die amptelike blad van die NG Kerk – én die oudste bestaande Afrikaanse blad in Suid-Afrika – ter wille van betroubare nuus in die kerkgemeenskap…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top