Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Podsending | Hoe praat ons oor slagofferskap? – Kollig gesels met Schalk van Heerden en Ivor Swartz

Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor?

In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van Kerkbode se podsending, Kollig.

Die skrywer en predikant Schalk van Heerden van Fontainebleau Gemeenskapskerk is medestigter en voorsitter van die liefdadigheidsorganisasie Betereinders. Hulle is bekend vir projekte wat poog om inklusief mense vanuit verskillende kulture bymekaar uit te bring – soos die onlangse braai in Februarie waar hulle die ‘Not USA but you, SA’-veldtog bekend gestel het.

Ivor Swartz is predikant by die Oosterlig-gemeente in Pretoria en is die bekroonde skrywer van boeke soos Die verlore seun vannie Gaatjie en Nogtans geloof

Lees meer: Resensie: Ivor Swartz skram nie weg van moeilike vrae nie

Luister gerus saam na hierdie gesprek wat draai by rugbykwotas, Afrikaners se pioniersgees en Bloedrivier, asook ’n Katolieke teologiese term “ordo amoris”, wat beteken ‘rangorde van liefde’ aan die hand waarvan gevra word wat die Bybel sê oor wie jy moet liefhê. Ook te sien as video-gesprek (sien onder).

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top