Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Boekbekendstelling: Sinkroniseer – Woorde vir wanneer jy jou ritme verloor – deur Zander van der Westhuizen

Dr Nico Smit gesels met die skrywer van Sinkroniseer, dr Zander van der Westhuizen, oor dié nuwe boek tydens ‘n bekendstellingsgeleentheid wat in Mei 2025 in Pretoria plaasgevind het.

Koop die boek by HIERDIE skakel

Die uitgewer, Bybel-Media, skryf oor die boek: “Sinkroniseer nooi jou om opnuut aan te sluit by die ritme van die Een wat jou gemaak het. Hierdie boek help jou om stadiger te leef, sagter te luister en jou lewe met God se polsslag te belyn. Dit is woorde vir tye van soeke, stilte, oorgang en herstel.

Koop die boek by HIERDIE skakel

Meer oor die skrywer: “Zander speel klavier, dig lirieke en skryf verhoogstukke. Soms staan hy op ’n verhoog en ander kere op ’n preekstoel. Hy deel inspirasie voor die televisiekamera en deel liefde oor ’n radiomikrofoon. Hy skryf diep, sinvol en met insig. Zander het ’n doktorsgraad in praktiese teologie en is voltyds leraar by NG Tygerpoort in Pretoria-Oos. Hy is getroud met Maartje en hulle het twee kinders, Alex en Inge. Saam is hulle lief vir reis, nuwe avonture, sport, kosmaak en onthaal. Al is dit moeilik om Zander op te som, kry hierdie een sin dit goed reg: Zander is die Here s’n.”


Bron: https://www.bybelmedia.org.za/product/sinkroniseer/ 

Kerkbode is ‘n publikasie van Bybel-Media

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top