Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Brief: ‘Ek het self gaan oplees oor Israel’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Elma Ross van Rosebank, Kaapstad skryf: Dit is wonderlik dat ds Jannie Pelser opstaan vir die Palestyne. Ek self het nege jaar in die Midde-Ooste gewoon, en weke lank in Engeland in argiewe opgelees. Die Palestyne het nie oorsee gereis om Jode aan te val nie. Dit is die inkommer-Jode wat die Palestyne gaan verhel het, veral nadat die Balfour-verklaring uitgereik is in 1917, 20 jaar vóór die Holocaust.

LEES OOK | Publieke getuienis: Wat sê die kerk oor …?

Bruce Hoffman beskryf die terrorisme van die Israeli’s (toe nog die Irgun- en Haganah-bendes) in sy PhD (Oxford), Jewish terrorism and the British in Palestine 1939-1947. Reeds vóór Israel ’n staat geword het, het die Nakba (Verskrikking) begin, toe Israeli’s die Palestyne uit 530 dorpies verdryf het, en 15 000 Palestyne vermoor het.

Sedertdien het Israel vele slagtings uitgevoer. Hamas is gestig deur jong mans wat as kinders moes toekyk hoe Israeli’s Palestyne vermoor en vermink, soos bv in die Khan Yunis-slagting in die 1950’s.

LEES OOK | Pryswenner se dubbele oproep: NG Kerk moet sê daar is geen volksmoord … en niemand moet ooit weer ‘Kill the Boer’ sing

Israel wil die hele plek net vir Jode hê, en het ook Christendorpies soos Iqrit uitgewis, en die Palestynse Christene tot in Libanon verdryf (sien Ben White se Israeli Apartheid).

Israel is gevaarlik. Israel toets al vir dekades wapens op Palestyne, om dit as “battle tested” te bemark (sien The Palestine laboratory: How Israel exports the technology of occupation around the world deur Antony Loewenstein.)

Israel se handlangers probeer inligting smoor met Project Esther, wat álle kritiek op Israel brandmerk as sg “Hamas-ondersteuners.” Dit is ontwerp deur die Heritage Foundation-dinkskrum (met groot inspraak deur evangeliese Christene). – Brief verkort – Red.

Vriende van Kerkbode

Ondersteun Kerkbode, die amptelike blad van die NG Kerk – én die oudste bestaande Afrikaanse blad in Suid-Afrika – ter wille van betroubare nuus in die kerkgemeenskap…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top