Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Barend van Pretoria skryf: Ek is verstom geskok oor wat Christene en dominees oor Israel skryf en historiese revisionisme toepas, ek het gevoel dat ek moet reageer. Elma Ross van Rosebank se skrywe in Kerkbode verwys.
LEES OOK: ‘Ek het self gaan oplees oor Israel’
Eerstens is die Jode nie “inkommers” nie. Die land Israel is die Joodse tuisland en deel van die 4 000 jaar oue erfenis van die Joodse volk.
Die Jode het nie die “Palestyne” verhel nie. Die Arabiere wat hulleself vandag Palestyne noem was ekonomiese migrante wat na die land Israel getrek het nadat die Jode die plek begin ontwikkel het. Die meeste het van Jordanië en Egipte gekom.
Die Joodse “terrorisme” was teen die Britte, nie teen die ander groeperinge wat in die land van Israel gewoon het nie. Die Hagana en Irgun het hulleself net verdedig teen Arabiese groepe en was in ’n staat van oorlog teen die Arabiere as gevolg van Arabiese terrorisme teen Jode. Gaan lees gerus oor die Hebronslagting van 1929.
LEES OOK: ’n Skrywe uit die hart van ’n predikant: Oor die humanitêre krisis in Gasa
Daar word so lekker na die “Nakba” verwys sonder om te noem dat vyf Arabiese state Israel aangeval het nadat die Jode ’n staat verklaar het. Israel het nie 15 000 Arabiere vermoor nie, hulle was uitgedryf en baie het ook gevlug, want die Arabiese nasies het vir hulle gesê, dat hulle sal kan terugkeer nadat hulle die Jode in die see in gedryf het.
Die slagting wat in Khan Younis in die 1950’s gebeur het was te midde van ’n oorlog, die Israelis het nie net daar ingestorm en net mense voor die voet doodgeskiet nie. Dat die IDF foute kon gemaak het en nie volgens etiese oorlogswet opgetree het nie, kan wees. Sien artikel in Quillette.
Wat gebeur het in die dorpie Iqrit: Die inwoners is nie verjaag na Libanon toe nie, hulle is verskuif na ’n dorpie Rame, te midde van ’n oorlog waar al die Arabiese dorpe die IDF as vyand beskou het. Die inwoners het Israeliburgerskap ontvang na die oorlog. Onder die Palestynse regering het die Christenbevolking met 90% gedaal terwyl die Christenbevolking in Israel gegroei het.
Project Esther smoor nie inligting nie, hulle vertel net die waarheid oor Israel en beveg anti-semitisme.
Israel is nie gevaarlik nie, Israel is die oplossing en ’n lig in die middel van ’n bose donker Midde-Ooste.
Ek sien die brief waarop ek reageer as niks anders as ’n anti-semitiese bloedlaster nie, en nie hoe Christene moet optree teenoor die nasie wat die evangelie neergeskryf en verkondig het aan die kerk nie. En wat sou Jesus gedoen het? Hy sou saam met sy mense gestaan het en die Arabiese terrorisme en kolonialisme sterk veroordeel het, net soos Hy die Romeinse ryk sterk veroordeel het 2 000 jaar terug.

As an english- speaking member of the DRC i must agree with the writer of the article ( Barend) about the Jewish wars and attacks of their enemies. I am a firm supporter of Jewish state and believe that it is biblically promised to them.
I do not want to go on at length about the middle eastern situation. I only suggest that anyone wanting to know more and learn the truth of the Israeli homeland should read the book called “A history of the Jews ” which was written by the wellknown historian and writer Paul Johnson.
in this book there are accurate descriptions about the events in the Middle East at the time of the partition of the Holy land after the exodus of the British ( i think it was in 1946 or thereabout). It tells how the Arab people fled from Israel fearing Jewish attacks ( which never happened ) and how their own neighbours failed to give them assistance . This all resulted in the formation of the refugee camps which exist to this day.
the very name Palestine is derived from the word “Philistines” who are the arch enemies of the Jews.