Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Kerk Volmoed (dolerend): Deeltydse predikantspos vir vaste termyn

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Deeltydse predikantspos vir vaste termyn

In biddende afhanklikheid nooi die kerkraad leraars om aansoek te doen vir hierdie vakante leraarspos. Emeriti is ook welkom om aansoek te doen.

Gemeenteprofiel

Volmoed is ’n boeregemeenskap en is ongeveer 15 km buite Oudtshoorn in die mooie Klein-Karoo geleë. Die gemeente bestaan uit 101 belydende en 20 dooplidmate.

Leraarsprofiel

Die leraar wat ons wil beroep:

  • is ’n gelegitimeerde van die NG Kerk.
  • leef in ’n persoonlike verhouding met die drie-enige God en beskou dit as ’n roeping om in sy diens te staan.
  • is getrou aan sy legitimasie-eed en onderskryf heelhartig die gereformeerde belydenisskrifte.
  • het begrip vir die platteland en die uitdagings van ’n boeregemeenskap en
  • plaas ’n hoë premie op pastorale betrokkenheid en meelewing in die gemeente.

Ampspligte

Soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde en in ooreenstemming met die bepalinge in hierdie artikel ooreengekom met die kerkraad.

Vergoeding

  • ’n Vergoedingspakket soos ooreengekom/onderhandel tussen die kerkraad en leraar word aangebied.
  • Gratis huisvesting in ’n ruim pastorie, krag, water en tuinwerker een keer per week ingesluit.
  • ’n Reistoelaag en selfoontoelaag sal ook deel vorm van die pakket.

Aansoeke

Slegs elektroniese aansoeke wat die volgende insluit kan gestuur word aan:

Die Skriba, ngkvolmoed@gmail.com:

  • Volledige CV van nie meer as vier bladsye nie.
  • Kontakbesonderhede.
  • Name en kontakbesonderhede van twee referente.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2025

Die kerkraad mag dit oorweeg om van die aansoekers te nooi vir ’n onderhoud en ’n preekbeurt.

Navrae

Die skriba: Lusél Laubscher, sel: 072 806 4792.

Ouderling: Philip Augustyn, sel: 083 334 0153.

Die kerkraad sal die finale dienskontrak asook die datum van ontvangs en bevestiging met die beroepte leraar finaliseer.

 Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n beroep uit te bring uit die aansoeke wat ontvang is nie.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top