Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kom kyk saam na die bekroonde dokumentêr Plastic People: The Hidden Crisis of Microplastics – ʼn onthutsende blik op ons wêreldwye afhanklikheid van plastiek en hoe mikroskopiese plastiekdeeltjies ons liggame en planeet indring, nooi ds Fay van Eeden. Sien die lys van landwye vertonings hieronder. Skermgreep: Verskaf

Taakspan Ekologie: Hier kan jy dokkie oor die gevare van plastiek te siene kry

As deel van ʼn inisiatief deur die Algemene Sinode se Taakspan Ekologie word die dokumentêr reg oor die land vertoon ter inleiding van die jaarlikse Seisoen van Skepping.

Die film neem ons saam met joernalis Ziya Tong op ʼn persoonlike reis na die wetenskaplikes wat hierdie krisis bestudeer – en vra: Wat kan ons daaraan doen?

Dokumentêr-vertoning: Plastic People
Kom kyk saam na die bekroonde dokumentêr Plastic People: The Hidden Crisis of Microplastics – ʼn onthutsende blik op ons wêreldwye afhanklikheid van plastiek en hoe mikroskopiese plastiekdeeltjies ons liggame en planeet indring. Wêreldwyd word meer as 1,5 miljard plastiekbottels elke dag gekoop, en bykans die helfte van alle plastiek word net een keer gebruik . Nou vind wetenskaplikes mikroplastiek deeltjies in ons bloed en selfs in die bloed van babas.

Vertonings landwyd:

 
📅 Vertonings in die Noordelike Sinode:
• NG Stellastraat – 18 September, 18:30 (158 Stellastraat, Waterkloof, Pretoria) 
• NG Rietfontein-Noord – 26 September, 10:00 & 19:30 (24ste laan 800, Rietfontein, Pretoria)
• Excelsus Lentekonferensie – 17 September, 17:30 (H/v Duxbury en Herold straat, Hatfield, Pretoria)
 
📅 Vertonings in die Hoëveld Sinode: 
• NG Aan die Berg – 7 September, 17:00 (Lawleylaan 17, Northcliff, Randburg)
 
📅 Vertonings in die Goudland Sinode: 
• NG Elspark – 19 September (85 Kingfischer Laan, Elspark, Germiston)
• NG Debruinspark, Ermelo – Datum en plek  sal nog bevestig word
 
📅 Vertonings in die Wes-Kaap sinode:
• NG Grootte Kerk – 2 Oktober, 18:00 (43 Adderley Straat, Kaapstad)
• NG De Tyger – 28 September, 17:00 (NG Oostersee – 63 Friesland straat, Parow, Kaapstad)
• NG Gordonsbaai – 7 September, 17:30 (71 Admirals Weg, Gordonsbaai)
• NG Kogelberg – 7 September, 18:00 (4de Laan, Kleinmond)
• NG Stellenberg – 4 September, 18:30 (Hv Mountain View Rylaan & Exelweissweg, Eversdal)
• NG Vredenburg  – 20 Oktober (Kerk Straat, Vredenburg)
 
📅 Vertonings in die Oos Kaap sinode:
• NG Jeffreysbaai – 26 September, 18:00 (H/v Olienhout straat en Torchlaan, Wavecrest)
 
📅 Vertonings in die Kwazulu-Natal sinode:
• NG Scottburgh – 7 September, 17:00 (Ann Abor Straat, Scottburgh)
• NG Krantzkloof – 10 Oktober (17 Long straat, Kloof, Durban)
• NG Margate – 27 September (1 Kerkstraat, Ramsgate Beach, Margate)
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top