Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Sowat 180 afgevaardigdes van regoor NG Kerk in Oos-Kaapland vergader vandeesweek by die Willows Konferensiesentrum in Nelson Mandelabaai. Leiers verkies: Die volgende afgevaardigdes is tot die moderamen verkies (vlnr) Ds MG van Rooyen (ondervoorsitter), dr Elsje Büchner (addisionele lid), dr Dewald Davel (voorsitter), ds Jan Grobbelaar (aktuarius), ds Danie Mouton (skriba en Direkteur Sinode - adviserende lid).

Sinode Oos-Kaapland – Dag 3: Toringkerk (NG) en Houtkerk (Presbiteriaans) vat hande en bied raad aan ander klein gemeentes: Moenie haastig wees met só ’n proses nie – ’n Storie uit Stutterheim

Die derde dag van die sinodesitting van Oos-Kaapland van 13-16 Oktober in Gqeberha het vroegdag swaar klem gelê op die vaardighede van afgevaardigdes, wat met groepwerk onder leiding van dr Frederick Marais aan ’n sessie rondom “sosiale innovasie” deelgeneem het. 

Daarna luister die vergadering na stories uit Stutterheim (’n klein dorp met nege tradisionele kerke) waar die NG gemeente en die Presbiteriaanse gemeente sedert 2018 nader en nader beweeg het.

Die relevansie van “handevat” / samewerking is aktueel in die hele NG Kerk vir twee redes:

* Minder gemeentes kan voltydse predikante bekostig. Sedert 1986 het predikanteposte met 800 verminder.

* En daar is minder predikante beskikbaar om beroep te word. Die NG Kerk se reaksie hierop was “ampsverbreding” waar spanne – eerder as dominees – toenemend gemeentes lei (dink diensleraars, bedienaars ens). 

LEES MEER: In Diepte-verslag oor Diensleraars Deel 1 en Deel 2

 

Stutterheim se storie klink só volgens die sakelys: “Ons is dankbaar om te rapporteer dat daar inderdaad gemeentes is wat suksesvol mekaar se hande neem. Op Stutterheim het die NG gemeente en die Presbiteriaanse gemeente na ’n proses van deeglike oorlegpleging en onderhandeling die reis aangepak om ’n verenigde gemeente te wees, hoewel elkeen se eie regspersoonlikheid bly voortbestaan en die ooreenkoms ook met kennisgewing beëindig kan word.”

Die grootste wenk uit Stutterheim: “Neem dit stadig … Jy moet mense saam met jou neem.”

(Stel jy meer belang in hierdie gevallestudie? As bylaag tot die sinode se agenda is die volgende dokument ingesluit: SAMEVATTING VAN DIE KONSTITUSIE VAN DIE EENHEIDSGEMEENTE OP STUTTERHEIM. Sien: https://ngkok.co.za/…/Sakelys2025-DOKBUNDEL-finaal.pdf) 


* Kerkbode woon die vergadering by en sal by www.kerkbode.co.za verslag doen om die stories van gemeentes te vertel. Foto’s: Le Roux Schoeman vir Kerkbode. Die NG Kerk in Oos-Kaapland bestaan uit 12 ringe en 101 gemeentes. Hierdie streek verteenwoordig meer as 40 000 belydende en 8 000 dooplidmate van die NG Kerk.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top