Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Prof Stephan Joubert kyk in 'n dokument wat hy vandeesweek aanlyn gedeel het in detail na Bybeltekste oor vroue se rolle en funksies in die Nuwe Testament en onder meer die sogenaamde swyg-gebod. Foto: Argief

Elders gesien: Oor manlike en vroulike rolle en leierskap in die Nuwe Testament

Wat leer die Nuwe Testament oor manlike en vroulike rolle en leierskap? Só lei prof Stephan Joubert ‘n plasing in wat hy op 15 Januarie via Facebook met sy sowat 4 900 volgers gedeel het.

Hierdie is nie ’n formele studiestuk of ’n indringende akademiese analise nie, maar ‘n breë oorsig oor die Nuwe Testament se verstaan van die funksies en rolle van man en vrou, asook ’n oorsigtelike kyk na hulle leierskaprolle. Dit is bedoel as ’n hulpmiddel, nie as ’n debatsdokument nie,” luidens ‘n eindnota deur die bekende teoloog. 

LEES OOK | Brief: ‘Dié standpunt oor vroue breek af en maak seer’

Joubert kyk in detail na Bybeltekste oor vroue se rolle en funksies in die Nuwe Testament en onder meer die sogenaamde swyg-gebod. Hy skryf: “Die swyg-gebod ten opsigte van vroue in 1 Korintiërs 11:2-6; 14:33-36 en 1 Timoteus 2:12-14 spruit waarskynlik voort uit bepaalde probleme met plaaslike vroulike profetesse in Korinte en Efese. In die lig van die feit dat vroue slegs hier in Korinte en Efese die swye opgelê word, en nie elders in ander gemeentes van die Nuwe Testament nie, lei ons af dat dit te make gehad het met sekere vroue wat die skeppingsordening en die algemene sosiale gedragskodes van daardie tyd deurbreek het. Hulle het sodoende‘ n verleentheid vir mede- gelowiges veroorsaak deur hulle voortvarende optrede. Ten einde hierdie probleem op te los, word vroue slegs in hierdie gemeentes tot swye opgeroep. Terloops, Paulus roep in 1 Korintiërs 14 ook vir mans tot swye op wanneer te veel van hulle in vreemde tale wil praat! Daar geld dus nie net ‘n stilte-gebod ten opsigte van vroue in sekere omstandighede nie; in 1 Timoteus verwag Paulus ook van manlike onrusstokers om tot swye te kom (1 Tim 1:2- 4 en 6:3-4). Onder sekere omstandighede moet Timoteus self ook stilbly (1 Tim 6:20-21).” 

Kerkbode plaas Joubert se skryfstuk, wat hy bestempel as “kantlynaantekeninge oor manlike en vroulike rolle en leierskap in die Nuwe Testament”, ongeredigeer hieronder.

Is mans en vroue regtig gelyk_ Kantlynaantekeninge oor manlike en vroulike rolle en leierskap in die Nuwe Testament

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

2 thoughts on “Elders gesien: Oor manlike en vroulike rolle en leierskap in die Nuwe Testament”

  1. Johan Bisschoff

    Alhoewel ek in breë trekke met Stefan Joubert saamstem oor die status van man en vrou, moet ons waak om nie die uitsondering (die paar vroue wat in unieke omstandighede op uitsonderlike wyse deur God gebruik is) te gebruik om die reël (hoe ons die kerk en samelewing organiseer) te motiveer nie.

    1. Gegewe die die ongelooflike (veral vir ons, vandag) patriargale kultuur van die Bybelse tye, is die vroue wat deur God gebruik is wesenlik, en kan mens dit nie net as enkele uitsonderings beskou nie. Dit was inderdaad grondverskuiwend. Boonop het ons baie empiriese bewyse van wondelike hedendaagse vroulike leierskap, als tot eer van die Here.

Comments are closed.

Scroll to Top