Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gesien : Oos-Kaapse rampfonds vra ook hulp om brandslagoffers te help
Die Sinode van Oos-Kaapland vra vir bydraes om veral boere in hulle gemeenskappe te help wat erge skade gely het tydens onlangse brande te midde van ’n droogte. Foto: Grens.Pos-nuusbrief

Elders gesien : Oos-Kaapse rampfonds vra ook hulp om brandslagoffers te help

Die Sinode van Oos-Kaapland vra vir bydraes om veral boere in hulle gemeenskappe te help wat erge skade gely het tydens onlangse brande te midde van ’n ontluikende droogte.

“Ons sien en ons hoor die stories van boere wat op hierdie oomblik besig is om moed te verloor en ons weet ook dat dit aan die hart ook raak …,” sê Joe Janse van Rensburg van die Oos-Kaaplandse Rampnetwerk, ’n NG Kerk-inisiatief wat laasjaar gestig is. Hulle het ook ’n rampfonds begin.

“Ons besef nie aldag wat ons boere deurgemaak het die laaste tyd nie sowel as die brandbestryders, almal wat betrokke is …,” voeg hierdie gemeentepredikant van die NG Gemeente Jeffreysbaai by in ’n onlangse video (bo) waarin hy meer verduidelik oor die skade gely, hoe gelowiges dit beleef en die rede vir die fonds.

Die fondse word in vennootskap met plaaslike gemeentes versprei via “landbouverenigings, betroubare nie-regeringsorganisasies en ander instansies met ‘n bewese rekord van dienslewering”, het Grens.Pos-nuusbrief van 23 Januarie 2026 berig.

Dele van die Oos-Kaap is in Januarie tot rampgebied verklaar ondermeer Nelson Mandelabaai, Port Alfred, Humansdorp, Jeffreysbaai en dele in die Langkloof.

Lees ook: Nuwe netwerk spring aan die werk ná dit sous en verspoel

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top