Hulle is gebore in die VSA, maar woon al vir meer as twintig jaar in Afrika. Die laaste twaalf in Suid-Afrika; voor dit agt jaar in Nigerië.
Mike en Megan Ribbens is vreemde wesens. Dié tipe mense wat die donker opsoek om juis daar ’n lig te wees – in groot kontras met die al groter groep mense wat deesdae na gemaklike en veilige plekke emigreer.
Ek het dié twee jare gelede by TLF in Pretoria ontmoet toe hulle betrokke was by projekte in die middestad. Megan het onder andere ’n fotografieprojek gedoen met weerlose vrouens. Hulle het die mees aangrypende uitstalling gehou in Burgerspark. Al die foto’s is geneem deur vrouens wat in Leratohuis, ’n woning vir vrouens in nood, gewoon het.
Mike werk tans vir Resonate Global Mission, ’n missionale arm van die Christian Reformed Church of North America waar hy die streekshoof is vir Suidelike en Oos-Afrika.
“My responsibilities focus on having priestly presence, serving as an encourager and collaborator as we walk deeper into God’s mission of love, justice, and reconciliation. When we accompany partner churches, organizations, and schools, there is rarely an average day because we catch the wind of the Holy Spirit together,” sê hy.
Hulle span bestaan uit “sojourners, creators en seers”: Sojourners reis diep in verhoudings as mentors en begeleiers. Creators ontwikkel byeenkomste, prosesse, hulpbronne en kurrikulum. Seers onderskei waar die Heilige Gees werk en help om die groter prentjie te sien.
Megan is ’n opvoedkundige kinderspesialis wat fokus op die vermindering van trauma, angs en stres by kinders en families deur spelterapie en psigososiale ondersteuning. Sy het ’n fassinerende terapeutiese fotografieprogram wat kinders, tieners en families help om hulle identiteit te verwoord binne die bepaalde konteks waarin hulle hulleself bevind.
“In between I am connecting with others who support youth in our community, researching topics, revising programmes, and creating new materials. Another responsibility of mine is working in the children’s ministry at our church called, Following Jesus. I also help to scope out the curriculum and teach on Sundays,” sê sy.
Megan is ook betrokke by die finalejaarprojek vir vierdejaar Inligtingsontwerpstudente aan die Universiteit van Pretoria. Die projek fokus op die ontwikkeling van toepassings wat verbinding tussen kinders, hulle ouers en die omgewing bevorder.
Besige mense!
Hoe het julle in Afrika beland? vra ek.
Hulle vertel van ’n lang pad van soeke, gebed en onderskeiding in ’n poging om hulle lewensroeping te ontdek en sê dan: “And we just love Africa, man!”
Lees ook: Roepingsverhale: Nege predikante kyk terug op hulle geloofsreis
Daar was ook al uitdagende tye. In 2010, toe hulle in Nigerië gewoon het, was daar tien selfmoordbomaanvalle deur Boko Haram in Abuja, die stad waar hulle was.
Ons gesels oor hulle ervaring van Suid-Afrika. Wat frustreer hulle en wat gee hulle hoop?
“I am frustrated by the level of arrogance in the Trump administration to throw petrol on the embellished narrative of a white genocide. I also get saddened when white South African friends say their children have no future here,” sê Mike. Later gesels ons oor die Iranoorlog en die Christenreaksie daarop. In die Christennasionalisme se “ons-eerste-teologie” word van die mees basiese Jesus-idees gesien as onprakties en ondergeskik aan politieke en ekonomiese ideale.
Dit is moeilik om met mense te stry wat self die pad stap en liefde leef. Hulle kies om hier te wees, juis omdat hulle vir Jesus volg en omdat onselfsugtigheid, selfopoffering en diens ononderhandelbaar is, want dit is in die hart van die evangelie.
“My biggest hope for South Africa stems from teens and youth,” sê Megan. “Over our years in South Africa, I have been astounded by the youth. Their vibrant energy for life, their willingness to see beyond barriers, their love for Jesus, their eagerness to serve, their loyalty to friends and the way they look out for each other … the list could go on and on. The youth are showing up. They long to be included and to be using their gifts and voices.”
Lees ook: Elders gesien | #imagine: Borg ’n tiener!
Mike vertel van sy ontdekking van die Belharbelydenis en sê dit verwoord die roeping van die kerk vir hom die beste. Hy haal aan: ‘We believe that God has revealed himself as the one who wishes to bring about justice and true peace among people; that God, in a world full of injustice and enmity, is in a special way the God of the destitute, the poor and the wronged; that God calls the church to follow him in this …”
Mike het aanvanklik geskiedenis geswot en later ’n meestersgraad in teologie by Calvin Theological Seminary in Grand Rapids, Michigan verwerf. Sy PhD in Praktiese teologie het hy by die Universiteit van Pretoria voltooi. Hy vertel dat sy voorouers uit Nederland na die VSA geïmmigreer het. Hy sê hy moes as kind dikwels die frase hoor: ‘If you ain’t Dutch, you ain’t much’.
Wat doen hulle vir ontspanning om hulle geestelike batterye te laai?
“I enjoy God’s abundant goodness in South Africa through great people, majestic landscapes and animals, and top-tier food, wine, and coffee. I am recharged by a meaningful conversation, trying a new vibey restaurant, and having a braai with friends as well as strangers,” sê Mike.
Megan en Mike is gebore in dieselfde hospitaal, met die hulp van dieselfde dokter op ’n klein plattelandse dorpie, Sioux Center, Iowa. “Megan and I were high school sweethearts and married when we were 19-year-olds,” sê hy. Hulle woon tans in Roodepoort, Johannesburg.
“We value intentional Christian community and nurture home with others. Currently our home is with two university students, Mosky and Omphile, and our youngest daughter, Stella. We also have two adulting children in Grand Rapids, Michigan. Amira works at a hospital and Nico is finishing his first year at Calvin University studying Applied Film and Media and Religion.”
Keer op keer in ons gesprek kom Megan en Mike Ribbens se twee grootste passies na vore: hulle liefde vir die Here en hulle liefde vir die mense van Afrika.
Ds Jaco Strydom is verbonde aan die NG Kerk Villieria en die Echo-Jeugbediening.
