Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Krielpark: Deeltydse vastetermynpos (vir drie jaar)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Deeltydse vastetermynpos (vir drie jaar)

In biddende afhanklikheid nooi die kerkraad NG Gemeente Krielpark gelegitimeerde proponente, predikante en emeritusleraars uit om aansoek te doen.

Sluitingsdatum: 15 Mei 2026.

Diensaanvaarding: 1 Augustus 2026 (of so gou doenlik).

Gemeenteprofiel

  • ±192 belydende en dooplidmate.
  • Hegte geloofsgemeenskap met behoefte op pastorale sorg.
  • Begeerte om jong gesinne en nuwe lidmate te betrek.
  • Moontlikheid vir groei na ’n voltydse pos.

Plaaslike konteks

Die gemeente bedien Kriel en omliggende landbou. Die plaaslike ekonomie word grootliks ondersteun deur die kragstasie- en mynboubedryf wat die dorp lewendig hou en volhoubare werksgeleenthede in die streek skep, met maklike toegang tot Bethal, Secunda, Middelburg en Emalahleni (Witbank).

Leraarsprofiel

  • Liefde vir God, sy Woord en sy mense.
  • Woordgetroue prediking en geestelike leiding.
  • Pastorale sorg aan lidmate.
  • Fokus op gemeentebou en jong gesinne.
  • Selfstandig deeltyds kan funksioneer.

Pligte (Artikel 9, NG Kerkorde)

  • Prediking en erediensleiding.
  • Gemeentebou en leierskapontwikkeling.
  • Kategese en begeleiding van jong gesinne.
  • Gemeenskapsbetrokkenheid.

Vergoeding: R400 000 pj (TKVI).

Aansoekproses: Stuur:

  • Volledige CV.
  • Kort motivering (bedieningstyl en visie).
  • Minstens drie verwysings.

Rig aansoeke vergesel van ’n CV aan: Die kerkraad, NG Krielpark Gemeente

Kontakbesonderhede:

Wilma Coetzee (admin) tel: 072 408 3637. Yutani Strydom tel: 072 402 1989.

E-pos: ngkrielpark@villagelan.co.za

cc: yutani.strydom@gmail.com (voorsitter van kerkraad).

Die kerkraad oorweeg dit om die aansoekers te nooi vir ’n onderhoud en ’n preekbeurt.

Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n beroep uit te bring uit die aansoeke wat ontvang is nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top