Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Lux Deo: Voltydse vastetermyn leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG Kerk Lux Deo wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

Vakature: Voltydse vastetermyn leraarspos

Sluitingsdatum: 26 Junie 2026.

Dienstermyn: Drie jaar met die opsie om te verleng.

Gemeenteprofiel:

Lux Deo NG Kerk is geleë in Arconpark en Sonlandpark woonbuurte, Vereeniging, en is deel van die Vaaldriehoek en Goudland Sinode. Die gemeente is in ’n stabiele woonbuurt geleë met ’n lidmaattal van 785 lede, waarvan 669 volwasse en 116 dooplidmate is, met ’n gemiddelde ouderdom van 45 jaar. Arconpark woonbuurt bestaan meestal uit professionele lidmate, terwyl Sonlandpark woonbuurt meestal uit bejaarde lidmate bestaan. Die gemeente word deur ’n gemeentebestuursraad bestuur sonder enige wyksbediening. Die gemeente se boustene is gegrond op die suiwer verkondiging van die Woord, pastorale versorging en diens aan mekaar en die gemeenskap.

Leraarsprofiel:

Kandidate sal op die volgende vereistes gemeet word:

  • ’n Erkende teologiese kwalifikasie en gelegitimeer.
  • Alle ouderdomsgroepe is welkom om aansoek te doen, hoewel met die onderhoude sal die gemiddelde ouderdomsprofiel van die gemeente in gedagte gehou word.
  • Ervaring van bediening aan al die verskillende generasie (met spesifieke fokus op jeug- en gesinsbediening).
  • Sterk interpersoonlike en spanverbandvaardighede.
  • ’n Goeie prediker en fasiliteerder.
  • Sterk administratiewe vaardighede.
  • Tegnologies vaardig (aanbiedings, opnames, digitale bediening).

Pligte:

  • Van die kandidaat word verwag om al die normale leraarspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde en soos omskryf in die dienskontrak van die gemeente, te doen.

Vergoeding en voordele:

  • ’n Pakket van R400 000,00 pj (TKVI – totale koste van indiensneming) word aangebied.

Aansoek:

Leraars wat in die pos belangstel, word versoek om die volgende aan die kerkraad voor te lê:

  • Volledige CV met drie onlangse referente.
  • ’n Twee-minuut bekendstellingsvideo via Whats App waarin u uself en u gesin bekendstel en deel waarom u aansoek doen.
  • Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt.
  • Moet bereid wees om ’n persoonlikheidsanalise te ondergaan.

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2026.

Navrae:

Stuur navrae, CV en video na: Marlene Trollip by ontvangs@luxdeongk.co.za en 084 623 0401/016 428 3508.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top