Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Die kerkraad van NG Kerk Barkly-Wes wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 31 Julie 2026.
Gemeenteprofiel:
Die NG Kerk Barkly-Wes is deel van Griekwastad se ring en is geleë ongeveer 35 km buite Kimberley. Die gemeente bestaan uit twee bedieningspunte naamlik Barkly-Wes en Smithsmyn (elke tweede Sondag). Gemeente se lidmaattal is ongeveer 235. Caritas Jannie Roux kinderhuis is vir baie jare deel van Barkly-Wes gemeente en sy kinders skakel by ons in waar hulle dan deel uitmaak van ons bediening.
Leraarsprofiel:
Die gemeente wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir ’n leraar wat aan die volgende profiel sal voldoen:
Pligte:
- Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
- Wat ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk is.
- Wat die Skrif as die onfeilbare Woord van God aanvaar.
- Wat die bediening op die platteland en boeregemeenskap as ’n roeping sal aanvaar.
- Wat die eredienste op ’n dinamiese, kreatiewe en vernuwende wyse inrig.
Vergoeding en voordele:
- Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
- Met byvoordele soos per sinode vereistes.
Aansoek: Stuur aansoeke na die skriba per e-pos: ngkerkbw@outlook.com.
Aansoek moet vergesel word van:
- Opgedateerde CV (maksimum drie bladsye).
- Kontakbesonderhede van ten minste drie onlangse referente.
- ’n Kort motivieringsbrief (300 woorde) wat die aansoek met betrekking tot die gemeentebediening ondersteun.
Kandidate wat oorweeg word, sal genooi word vir ’n preekbeurt en onderhoud.
Diensaanvaarding: 1 Nov 2026 of so spoedig moontlik.
Navrae:
James Smit, voorsitter kerkraad (073 911 8167), Nelie Vorster, skriba (073 237 4655).
Die gemeentebedieningskommissie behou die reg voor om op eie inisiatief ook inligting aangaande die aansoeker in te win vir oorweging.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
