Stephan Joubert verbeel saam met ons oor hoe dit sou gevoel het as Paulus ChatGPT gebruik het vir sy briewe. Hierdie sessie neem ons op ’n reis, van verbeelding, na verwoording en na ’n nuwe manier van sien.
Meer oor hierdie praatjie-reeks
PredikanteSAAMkoms het van 24-28 Augustus 2026 op Goudini in die Wes-Kaap plaasgevind. Bybel-Media het hierdie aanbieding as mediavennoot verfilm. Organiseerders het die SAAMkoms beskryf as ’n fees van geloof, roeping en menswees. “Ons skuif doelbewus weg van vergaderings (en) toesprake … en beweeg na interaksie, ontmoeting en verbeelding” het die ontwerpspan verduidelik. “Dink daaraan soos ’n kunstefees vir die gees: oral is daar iets aan die gebeur, iets wat jou kan verras, aanraak of inspireer.”
