Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Marcel Vosloo van die Strand skryf per e-pos:
In die verhaal van “Die keiser se klere”, het dit ’n onskuldige kind geneem om uit te roep: “Die keiser het dan nie klere aan nie!” Die verhaaltjie kom baie keer by my op as ek luister na die baie kreatiewe pogings om die gedeeltes in die Bybel wat afwysend staan teen seksuele verhoudinge tussen persone van dieselfde geslag anders te verklaar.
Dis interessant dat as mens die laaste 40 jaar se nuwe vertolkings bymekaar sit, om te sien hoeveel pogings aangewend is. Gaan kyk maar net weer na die Algemene Sinode van 2015 se verslag.
Selfs die aanvaarde beste nuwe verklarings word skynbaar ook na ’n paar jaar weer laat vaar. Kyk maar na Levitikus 18 en 20 waar die “kultus-
By Paulus se duidelike uitsprake oor selfdegeslagverhoudinge, is die huidige argument dat ons sy woorde moet lees teen die agtergrond van die patriargale stelsel. Hierdie argument slaag egter nie, Paulus wys immers ook (en eerstens) lesbiese verhoudinge af (Rom 1:26). Ek hou van die eerlikheid van die pro-selfdegeslagskrywer Nissinen wanneer hy sê: “In line with Jewish teaching, Paul labeled homoerotic behavior as a whole as debauchery …”
In 1 Korintiërs 6 en 1 Timoteus 1 is die bewering dat Paulus hier net teen pederastie – die misbruik van jong seuns – gekant was. Die feit is egter dat waar Paulus in 1 Korintiërs 6 van arsenokoitai (manneslapers) en malakoi (sagtes) praat, hy in 1 Timoteus 1 slegs van arsenokoitai (manneslapers) praat. Germond (voorstander van selfdegeslagverhoudinge) gaan ook nie saam met Scroggs in sy argument dat malakoi net na misbruikte seuns verwys nie.
Van die Wes-Kaap se sinode word ’n stuk ontvang in November 2018 waarin staan dat daar by ’n pro- standpunt uitgekom word “… juis omdat hulle groot erns met die Bybel maak. Hulle neem egter in hulle hantering van die Skrif die “wêreld agter die teks”, sowel as die “wêreld in die teks” en die “wêreld voor die teks” in ag. “
My vraag is eenvoudig: Het die keiser klere aan of nie?
