Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Moet jy altyd inpas by die kudde?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Imker Hoogenhout van Vereeniging skryf:

Ek verwys na ds Marius Maree se artikel: “Moet jy altyd inpas by die ‘kudde’?”

Ek het eenmaal ’n bestuurskursus bygewoon waarin na hierdie gelykenis verwys is, en waar gesê is dat dit die verkeerde strategie is vir die korporatiewe wêreld:

As 99 persone doen wat van hulle verwag word en een breek weg, moet daar nie bestuurstyd vermors word op die een nie. Laat hom of haar eerder gaan, en beweeg aan met die res.

As daar 99 winsgewende lyne is en een wat ’n verlies maak, sny dan die verliesmaker uit en konsentreer op die res.

Maar ons weet Jesus was anders – Hy het gekonsentreer op die een vrou by die put, en nie op die 99 goeie mense in die dorp nie. Die dokter konsentreer op die een siek pasiënt, en nie op die 99 gesondes nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top