Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Barberton trek nou ook saam by inrydienste

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Magdel Coetzee van Barberton skryf:

Afgesien van lewende uitsendings op Facebook wou ons plattelandse gemeente in Barberton bymekaarkom vir eredienste nadat inperking verminder is. Die konsep van inry-eredienste het opgekom en vlamgevat! Ons het die bul by die horings gepak en ’n radiosender bekom. Die gemeente sit heerlik en veilig in ons voertuie op ons pragtige terrein en luister op FM na die boodskap wat ds Pieter Malherbe aan ons bring, terwyl die pragtige natuur om ons saamwerk om ’n grootse atmosfeer te skep. Nagmaalsdienste is veral gewild en elke gesin voorsien hulle eie broodjie en wyn of sap. Ons het selfs kerkraadslede tydens sulke inrydienste bevestig!

LEES OOK: Wenke wat werk vir kerkwees in Covid-tyd

Ons hoop en bid dat die huidige inperking vinnig opgelig sal word om voort te gaan met ons wonderlike byeenkomste.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top