Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Om teen ‘drake’ te waak: ’n Moet-boek vir ouers en versorgers

Die dag toe die draak kom deur Fanie Viljoen

Uitgewer: Human & Rousseau, 2019


 Kindermolestering is ’n skrikwekkende werklikheid. Sowat ’n derde van Suid-Afrika se kinders word voor die ouderdom van 17 seksueel misbruik. Hoe beskerm ons kinders hierteen?

Fanie Viljoen se Die dag toe die draak kom hanteer hierdie kwessie. Kinders kan hulleself nie beskerm nie. Dit bly die ouer of versorger se plig. Daarom is dit belangrik om openlik met jou kind te praat.

Hierdie boek is gemik op 6- tot 12-jariges en bied ’n wegspringpunt om hierdie gesprekke te voer. Daar is ’n weergawe vir seuns en vir meisies. In die boek vir seuns is Kevin die hoofkarakter en in die weergawe vir meisies is dit Kyla wat gewaarsku word teen die draak in hulle huis. Die boek is ook in Engels beskikbaar.

Die storievorm dien om kinders in te lig en te bemagtig. Die hoofkarakters is kinders wat herkenbaar sal wees vir jong kinderlesers. Die Veilige Hand-konsep verduidelik dat kinders vyf persone moet identifiseer met wie hulle kan praat. Selfs die illustrasies bied geleentheid vir verdere gesprekke.

Die boek het ’n nuttige gids agterin. Hoe herken jy ’n draak? Wat is veilige vat en onveilige vat? Die wenke is so prakties soos die verskil tussen ’n slegte geheim en ’n goeie geheim: ’n Partytjie vir ’n maatjie is ’n goeie geheim, maar as iemand jou seermaak, bangmaak, ongemaklik laat voel of onveilig aan jou vat, is dit ’n slegte geheim. Daar is ook ’n lys met tekens van misbruik.

Hierdie is ’n boek wat elke ouer, onderwyser of versorger behoort te koop.

  • Ds Jeanine Hepburn is ’n predikant by NG Kempton-Hoogland in Kemptonpark.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top