Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hulle sê in die media …

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu se dogter het as priester bedank omdat die Suid-Afrikaanse Anglikaanse Kerk nie haar onlangse huwelik met ’n vrou wou erken nie. Eerw Mpho Tutu-Van Furth en haar huweliksmaat, Merceline, is tans op wittebrood in Bali. Mpho het gesê biskop Raphael Hess van die bisdom van Saldanhabaai is opdrag gegee om haar lisensie terug te trek. “Ek het besluit ek sal dit liewers vir hom gee eerder as dat hy dit net vat, dit is ’n bietjie waar-diger,” sê Mpho.

Soos in Afrikaanse kerke heers daar ’n groot debat oor selfdegeslaghuwelike in die Anglikaanse Kerk. Die aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, het kort ná Mpho se troue gesê die riglyne vir gayhuwelike sal in September heroorweeg word. Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het hierdie week gesê Makgoba het hom toestemming gegee om as pa sy dogter se huwelik te seën. “Ons het gehoop dit sou nie verkeerd geïnterpreteer word as dat ons die besluite van die sinode wou vooruitloop nie, ” het hy gesê.

Volgens Mpho het sy steeds ’n goeie verstandhouding met die Episkopaalse Kerk in Amerika, susterkerk van die Anglikaanse Kerk, waar selfdegeslaghuwelike erken word. – Rapport, 22 Mei 2016

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top