Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Ds Nola Malan skryf met betrekking tot reaksie op die vloedramp in KZN:
Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe) definieer dankie en waardeer as volg:
dan·kie
◙ tw.
woord/uitroep om dankbaarheid te kenne te gee
◙ s.nw. [dankies]
bewys/teken van dankbaarheid
waar·deer ww. [het (ge)-]
1 die waarde bepaal; takseer
2 op prys stel; ten volle geniet/begryp
3 dankbaar wees vir
Hierdie betekenisse vang wel nie ’n emosie vas nie. Elke persoon, gemeente en sinode wat ons gehelp het – die dankbaarheid en waardering wat ons vir jou het, is onbeskryfbaar.
Die gemeenskap van gelowiges het in die laaste twee maande opgedaag vir ons. Julle het ons gedra deur die laaste twee maande. Elke skenking van kos, klere, geld en water het ons fisies gedra. Elke boodskap van omgee het ons emosioneel gedra. Elke gebed het ons geestelik gedra. Die gemeenskap van gelowiges het ons deur hierdie ramp gekry.
Dankie aan elkeen van julle.
Ons waardeer jou.
