Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Geloofsvorming: Goeie gids om jou te help dink en doen

Om te word wie ons is – Oor geloofsvorming in en deur gemeentes deur Coenie Burger, Marnus Havenga, Jana van den Munckhof, Cas Wepener (reds)

Uitgewer: Bybelkor, 2023

Resensent: Doret Niemandt

 

Geloofsvorming is ’n tema wat die afgelope tyd baie aandag geniet. Vir lank het ons gefokus op lering (informasie). Dit het nie noodwendig gelei tot die transformasie (formasie) van mense nie. Hierdie boek probeer nie ’n nuwe teorie/teologie oor geloofsvorming ontwikkel nie, maar wil gereformeerde kerke deel maak van die wêreldwye gesprek en gemeentes help om nuut te dink. “Dit is ’n ideeboek, ’n dinkboek en ’n planboek.” Die boek is opgedeel in drie: agtergrond, hedendaagse gesprekke en die praktyk.

Om te word wie ons is: Oor geloofsvorming in en deur gemeentes (Coenie Burger et al reds., 2023) word uitgegee deur Bybel-Media en handel oor geloofsvorming.

As ’n predikant wat soms sukkel met ’n eietydse en relevante bediening – waar bymekaarkom op ’n Sondag nog prioriteit is en belydenis van geloof nie die laaste “hoera” van geloofsvorming is nie – wil ’n mens amper die eerste twee dele van die boek oorslaan en reguit gaan na die praktyk. Wat kan ons anders doen om te word wie ons is? Die eerste deel van die boek help egter om te sien hoe diep en wyd geloofsvorming strek en hoe dit deur die eeue verander het. Dit help ons ook om te besef dat ons ten diepste verbind is aan ’n groter geloofsfamilie en dat ons nie die eerstes is wat hiermee worstel nie. Die tweede deel van die boek help ons om te sien dat geloofsvorming vandag nie ’n “one size fits all” benadering het nie. Die laaste deel se praktiese voorstelle oor wat gemeentes kan doen help met ’n getoetste en beproefde wegspringplek.

Moenie die boek van voor tot agter probeer lees nie. Die inhoudsopgawe gee ’n omvattende spyskaart waarvan jy kan kies om jou en jou gemeente vol te maak, geloofsvorming te (her)ontdek en te word wie julle in Christus is.

Beskikbaar by Bybelmedia.

Dr Doret Niemandt is predikant by NG Gemeente Valleisig.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top