Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Missionaliteit is nie ‘n truuk nie’

“Missionaliteit is nie ‘n truuk nie. Dit gaan oor die identiteit van die kerk en oor God se beweging in die wêreld,” het ds Nelis Janse van Rensburg aan die Oostelike Sinode gesê.

Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen, het ses fokusse onderskei aan die hand waarvan hy oor missionale kerkwees gepraat het.

Die eerste daarvan is dat die Heilige Gees gelowiges inneem in die lewe van die Drie-enige God. Dit gaan dus oor ‘n baie persoonlike verhouding met God. As gelowiges verstaan hulle het deel in die lewe van die Triniteit, het dit geweldige betekenis vir hulle lewe, het hy gesê.

Die tweede fokus is dat die Heilige Gees gelowiges leer om hulself prys te gee vir ander. Dit sluit aan by Filippense 2 wat gaan oor Jesus wat homself uitgegiet het.

Derdens stuur God sy mense. “Ons onderskei die roeping en oorskrei grense,” het hy gesê.

Vierdens heers die Drie-enige God in gelowiges se lewens. “Ons is burgers in sy koninkryk en ons onderwerp ons aan sy wil.”

Die vyfde fokus is verhoudings, wat voortvloei uit die verhouding met die Drie-Enige God.

Die laaste fokus is “dat ons God se liefde en goedheid in die wêreld beliggaam”.

Janse van Rensburg het gesê as mense wil sê dat missionaliteit iets humanisties is, moet hulle sê dat Jesus Christus humanisties is. Dit sluit aan by Christus se fokus op die nood van mense. Die doel van missionaliteit is om na die nood van mense om te sien.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top