Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike Nuus – 10 Januarie 2025)

BEROEP

Dr GMH (Gys) Loubser (emeritus) na Kimberley-Vooruitsig; ds J (Jeandré) Slabbert van Villieria na Margate.

AANVAAR

Ds JP (Petri) Coetzee van Albertinia na Vredenburg; dr GMH (Gys) Loubser (emeritus) na Kimberley-Vooruitsig.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Johannes Petrus (Petri) Coetzee van Albertinia het die beroep aanvaar na NG Gemeente Vredenburg. Hy aanvaar diens op 1 Februarie 2025 en sal sy intreepreek lewer op 9 Februarie. (Suselna Theart, administratiewe beampte: NG Kerk Vredenburg, 09.01.2025).

NOORD-KAAPLAND

BEVESTIGING

Dr GMH (Gys) Loubser, emeritus-predikant (voorheen van Differentia-gemeente, Boksburg) het die beroep na NG Gemeente Kimberley-Vooruitsig aanvaar. Hy word op 19 Januarie 2025 bevestig en lewer dan ook sy intreepreek. (Lynette Strydom, saakgelastigde (skriba): NG Kerk Vooruitsig, 09.01.2025).

KWAZULU-NATAL

BEROEP

NG Gemeente Margate het vir ds Jeandré Slabbert van NG Villiera beroep vir 2025. (Ds Lerisa Strydom, leraar: NG Gemeente Margate, 17.12.2024).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top