Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Leraar of diensleraar (Drie jaar) kan verleng word
GEMEENTEPROFIEL:
NG Kerk Springs-Oos is ’n Geesvervulde gemeente waar lidmate geestelik groei deur die suiwer verkondiging van die Woord, pastorale versorging en diens aan mekaar en die gemeenskap. Daar is ’n goeie verspreiding van lidmate oor die hele ouderdomspektrum.
LERAARSPROFIEL:
- Gelegitimeerde predikante van die NG Kerk met ampsbevoegdheid mag aansoek doen asook diensleraars met ten minste twee jaar ondervinding.
- Skrifgetroue prediking.
- Begeleiding van bedieninge en deel wees van ’n dinamiese leierskorps.
- Verdere pligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde en soos bepaal deur die kerkraad.
VERGOEDING:
Traktement volgens die sinodale riglyn tot ’n maksimum van kerf vyf.
Pastorie of behuisingstoelaag word voorsien met beperkte munisipale dienste.
AANSOEKE:
- Volledige CV met drie onlangse referente.
- ’n Twee-minuut bekendstellingsvideo via WhatsApp waarin u uself en/of u gesin bekendstel en deel waarom u aansoek doen.
- Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt.
- Moet bereid wees om ’n persoonlikheidsanalise te ondergaan.
- Stuur CV na: marlene@ngksprings-oos.co.za
- Navrae en video: Frederick de Lange – 083 306 7503, (voorsitter: pre-advieskommissie).
DATUMS:
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2026.
Aanstellingsdatum: Sal bevestig word met geskikte kandidaat.
Die gemeente behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
