Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

AMPTELIKE NUUS UIT DIE NG KERK-FAMILIE


NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES

BEROEP – Dr Hannes de Kock van Potchefstroom-Noord na Bethlehem-Noord; ds ME Kibito van Rietvlei na Op-die-Berg; ds Dewald Niemandt vanaf Postmasburg na Valleisig; ds Enslin van Velden na Bergtuin; prop Hermanus Lambertus (Manus) Visagie na Bospoort.

AANVAAR – Dr Hannes de Kock van Potchefstroom-Noord na Bethlehem-Noord; ds ME Kibito van Rietvlei na Op-die-Berg; ds Dewald Niemandt vanaf Postmasburg na Valleisig.

WES-EN-SUID-KAAP

BEVESTIGING

Ds ME Kibito word as leraar op Sondag, 24 Januarie 2016, in die NG Gemeente Op-die-Berg met spesiale opdrag: Nuykintaba Bybelskool bevestig. (Ds Bossie Muller).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Dr JAM de Kock is as leraar in die NG Gemeente Bethlehem-Noord op 22 Januarie 2016 bevestig. Sy kontakbesonderhede is soos volg: Tel 058 303 3548, sel 082 885 5163, E-pos mwjam@mweb.co.za (M van Huyssteen, Skriba, 27.01.16).

WES-TRANSVAAL

BEVESTIGING

Ds ST (Stefan) Malan is as leraar in die NG Gemeente Drie Riviere (Vereeniging) op 10 Januarie 2016 bevestig. Sy intreepreek het op dieselfde dag plaasgevind. (Ds Francois Cilliers, RS, 22.01.2016).

BEVESTIGING

Ds GJ Visser word op 6 Maart om 09:00 as leraar in die NG Gemeente Horison bevestig. Sy vader, dr JB Visser, sal die bevestiging waarneem en al die ringspredikante word uitgenooi om die geleentheid by te woon. (Mev Adri Dykstra,

Skriba, 28.01.2016).

HOËVELD SINODE

BEVESTIGING

Ds Elana Greyling is op 24 Januarie 2016 in die NG Gemeente Brackendal bevestig. (Bettie Erasmus, Skriba, 25.01.2016).

OOSTELIKE SINODE

BEVESTIGING

Ds Dewald Niemandt is as leraar in die NG Gemeente Valleisig op 24 Januarie 2016 bevestig. (Johann Vermeulen, 26.01.2016).

ALGEMEEN

BEVOEGDHEIDSVERKLARING

Prop JE Visser is in 2015 gelegitimeer en op datum van uitreiking van die verklaring beskik hy oor bevoegdheid van proponent in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en is dus beroepbaar in enige NG gemeente. Die ABR verklaar dat sy registrasie by die ABR vir 2015 op datum is. (Dr L Ungerer, 25.01.2016).

EMERITAAT

Neem asseblief daarvan kennis dat die Ringskommissie van die NG Kerk Ring van Caledon, onder wie se opsig ds Adriaan Daniel Pieter de Villiers staan, nadat ons die nodige brondokumente ontvang en in orde bevind het en die advies van die Algemene Bevoegdheidsraad (ABR) ontvang het, besluit om die bedieningstatus van ds Pieter de Villiers op sy versoek te verander van ’n “gedemiteerde”  bedienaar van die Woord tot die van ’n emeritus.

Die Ringskommissie het ’n gewysigde Akte van Emeritaat ter vergadering op Maandag 23 November 2015 te Van Brakelstoor, Caledon, in absensie aan hom uitgereik.

Hierdie verlening van emeritaat impliseer op geen manier dat ds Pieter de Villiers emeriteer in die sin dat hy nou aanspraak kan maak op pensioen van enige van die NG Kerk se pensioenfondse nie. (Thinus Groenewald, RS, 09.12.2015).

No data was found

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.