BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Ds Jan Grobbelaar van Louisvale na Mootvallei; ds Peter Kotze van Rustenburg-Moedergemeente na Stellenberg; ds Chris Lötter van Waverley na Rayton; prop Sunell Theron na Impalapark; prop Fralene van Zyl (gebore Botha) na Krugersdorp-Oos as derde leraar.
AANVAAR – Ds CJ Botha van Ventersburg na Klawer; ds Dirk Human van Bonaeropark na Sunwardpark; ds Peter Kotze van Rustenburg-Moedergemeente na Stellenberg as jeugleraar; prop Sunell Theron na Impalapark.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Dr Pieter van der Walt van Paarlberg-gemeente is beroep as Predikant in Sinodale Diens (PSD): Teologiese Navorsing (Wes-Kaapland).
BEVESTIGING
Ds Karlien van Wyk is as leraar in die NG gemeente Welgemoed op 12 Junie 2016 bevestig. Haar intreepreek het by dieselfde geleentheid plaasgevind. (Marian Truter, 30.05.2016).
KWAZULU-NATAL
BEVESTIGING
Prop Etresia van Schalkwyk is as leraar in die NG gemeente Escombe op 4 Junie 2016 bevestig. Haar intreepreek het op 5 Junie 2016 plaasgevind. (Alwyn Landman, 31.05.2016).
WES-TRANSVAAL
DEMISSIE
Ds Urbanus Andreas (Arnu) Badenhorst van die NG gemeente Potchefstroom-Mooirivier ontvang op Sondag, 26 Junie 2016, demissie met ingang 1 Julie 2016. Sy afskeidspreek vind by dieselfde geleentheid plaas. (Estie Matthews, 08.06.2016).
NOORDELIKE SINODE
SINODESITTING
’n Gewone sinodesitting van die Noordelike Sinode word op Maandag, 10 Oktober 2016, tot 14 Oktober 2016 by die Weesgerus Vakansieoord te Modimolle gehou. (Paul Grobler, 07.06.2016).
HOËVELD SINODE
BEVESTIGING
Prop Sunell Theron lewer op 19 Junie 2016 haar intreepreek by die NG gemeente Impalapark. Dit is ’n twee jaar termynpos. (Jo-Ann Broodryk, Saak, 09.06.2016).
