Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Waarom, Noord-Kaap?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Willie Reichert van Barkly-Wes skryf:

Op 25 April 2016 het ons in die Noord-Kaap ’n skrywe per e-pos ontvang: “Ontsteltenis oor ABR in Noord-Kaapland”.

Die “ontsteltenis” spruit uit die jaarlikse skrywe van die Algemene Bevoegdheidsraad oor aanmelding van alle leraars om bevoegdheid vir 2016. Die Sinodale Kerk­ordekommissie van die Noord-Kaap roep dan alle leraars van die sinodale gebied op om nie te reageer op hierdie skrywe nie. ’n Lang verduideliking volg dan.

Samevattend:

Die Algemene Sinode het in 2015 besluit:

1. Die Algemene Sinode aanvaar die beginsels vervat in Moderamen Bylae 3.

2. Die beskrywingspunt van Noord-Kaap is daarin volle­dig hanteer en afgehandel.

3. Moderamen Bylae 3 word na die Algemene Steunspan Regte verwys om aan die hand van die beginsels daarin vervat, Reglement 11 te wysig vir voorlegging aan die volgende Alg Sinode. Dit geskied in oorleg met die Algemene Steunspan Predikantesake.

Vergun my die volgende opmerkings:

1. Die Algemene Sinode se besluit is tot op hede nie verander of gewysig nie en dus is alle leraars van die NG Kerk (binne of buite die grense van die RSA) tans nog verplig om te registreer by die ABR en ook die jaarlikse fooie te betaal.

2. Alle ander streeksinodes gehoorsaam die besluit van die Algemene Sinode … behalwe die Noord-Kaap?

3. Die “beginsels” waarvan daar sprake is, is wel in die ASM-verslag aanvaar, maar dit beteken nie dat die be­sluit van die Algemene Sinode verander en of opge­skort is nie. Die opdrag is om, aan die hand van die “beginsels” die reglement en ander relevante besluite by 2017 se Algemene Sinode moontlik te wysig.

4. Tot dan staan die besluite van die Algemene Sinode en moet dit uitgevoer word. Net so noukeurig soos die besluite rondom salarisse en reistoelaes!


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top