Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober 2016 om 12:00.
Hiermee maak die kerkraad die betrokke vakature bekend en nooi gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid binne die NG Kerk om aansoek te doen.
Gemeenteprofiel:
Randpoort is die moedergemeente in die Ring van Randpoort, Randfontein aan die Wesrand. Die gemeente is gestig in 1918 en vier in 2018 hulle 100ste bestaansjaar. Tans is daar 531 belydende en 91 dooplidmate op die register. Randpoort se lidmate is ’n diverse groep, met talle pendelaars, mynwerkers, industriële werkers, boere en ook ander professionele beroepslui. Daar is verskeie aftree-oorde en ’n sentrum vir gestremde volwassenes in die bedieningsarea van Randpoort. Die gemeente het ’n groot hart vir die sorg en bediening van armes en minderbevoorregtes en bevind haarself tussen die herderkudde-model en die liggaam van Christus-model.
Werksprofiel:
Van die leraar word verwag om pligte te verrig ooreenkomstig die betrokke artikels en bepalings van die kerkorde. ’n Finale en volledige diensooreenkoms sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.
’n Vergoedingspakket en voordele ooreenkomstig sinodale riglyne van die Wes- Transvaalse Sinodale skaal sal onderhandel word. ’n Ruim pastorie aangrensend met die kerkterrein is beskikbaar.
Die ideale kandidaat sal ’n sterk leier wees wat ’n passie het vir die opleiding en bemagtiging van ander kerkleiers en gemeentelede. Sterk fokus op die jeug, onbetrokke lidmate tussen 18 en 45, asook sorg en instandhouding van al die bestaande lidmate is belangrik.
Die volgende moet by u aansoek ingesluit wees:
- ’n A4-bladsy motivering waarom u vir die pos aansoek doen.
- ’n Kort volledige CV van tussen drie en vyf bladsye.
- Die kontakbesonderhede van ten minste drie onlangse referente.
CV’s en aanvullende dokumente kan gestuur word aan die kerkkantoor: Skriba: natasha@randpoort.ng.org.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober 2016 om 12:00.
Navrae: Nic Saaiman, 083 275 1529; Christo Schoeman, 082 775 4988.
’n Kortlys sal saamgestel word en aansoekers op die kortlys sal gekontak word en kan genooi word vir ’n persoonlike onderhoud.
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
