Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Terug na die Woord

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dawie Botes van Vrede-Wes skryf:

Die buitengewone Algemene Sinode gaan die NG Kerk by ’n kruispad bring. Gaan die NG Kerk voort om die Skrif oppervlakkig te hanteer op sekere standpunte, gaan dit op ’n glybaan wees soos die ANC?

Ek pleit vir ’n vergroting van die Algemene Sinode. 200 afgevaardigdes is hopeloos te min.

Die NG Kerk sal dringend tot sy sinne moet kom en weer kerk van die Woord moet word. Ons moet Jesus Christus weer met passie verkondig. Die NG Kerk word gekaap deur ’n minderheid van teoloë wat toene­mend die Skrif minag met hulle eie agendas.

Vir elke lidmaat vra ek bid asseblief ernstig vir die komende Sinode vir ’n terugdraai na die Here se Woord. Vir elke afgevaardigde: Neem besluite wat jy eerstens voor die Here moet regverdig.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top