Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die skepping vra uitkoms

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Lewende wese van Port Elizabeth skryf:

Die skepping het binne ’n sekere orde plaasgevind (Genesis 1). Lewende wesens word uitgelig van vers 20 tot 25.

Interessant – God seën spesiaal die seediere en voëls. Op die sesde dag skep God die wilde diere en die mak diere en laastens die mens na die beeld van God met die opdrag om toesig en beheer uit te oefen oor die ander lewende wesens.

In Openbaring wys Jesus vir Johannes wat moet gebeur. Om die troon is daar vier lewende wesens: ’n leeu (wilde dier), ’n kalf (mak dier), ’n derde soos ’n mens en ’n vierde soos ’n arend (voël). Die vier prys die Here dag en nag.

Die diereryk is ’n groot en waardige deel van God se skepping en God het sy hele skepping lief.

Die vernietigers, plunderaars, stropers en wreedaards wat God se heilige skepping so verniel, sal beslis hulle verdiende loon ontvang.

Openbaring 4 vertel van die baie oë. Besef u dat God se skepping u dophou, dag en nag? Vanuit bome, vanaf geboue, uit die lug, op u plaas, in u huis en oral. Hulle loof God vir die gawe van lewe. Die vernietiging van die natuur is skrikwekkend. Die diereryk, plante, bome, grond, water en see, die ganse skepping skreeu vir uitkoms.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top