Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hulle is geen teoloë nie

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Hector Jooste (VDM) van Otjiwarongo skryf:

Met verwysing na die berig “Jong teoloë steun besluit oor gays” in e-kerkbode van 28 September 2016, het ek geen ander keuse nie as om myself uit te spreek aan­­ge­sien Christus sy volk die luuksheid van swyg, ont­­neem (Mark 8:38). Ek maak die volgende stel­lings:

1. Hierdie sogenaamde “jong teoloë” is geen teoloë nie. Hulle is nie besig met die Woord van God nie, maar met die woord van mense. Die Woord van God is eenhonderd persent duidelik betreffende die son­dig­heid van enige seksuele verhouding wat buite die huwelik tussen een man en een vrou staan. Hulle behoort hulleself eerder as filosowe te identifiseer.

2. Hierdie skokkende onkunde oor die Woord van God deur hierdie sogenaamde teoloë werp ’n uiters ne­gatiewe refleksie oor die treurige stand van teologie wat aan Suid-Afrikaanse universiteite gedoseer word. Dit is van so ’n aard dat sommige gemeentes reeds open­lik daaroor praat dat proponente wat aan Suid-Afri­kaanse universiteite afstudeer het, nie sonder meer beroep kan word nie. Die plaaslike kerk en kerk­raad moet eers baie seker maak van enige sodanige student se teologiese suiwerheid. Selfs die legitimasie deur die Algemene Sinode staan nou reeds ernstig onder verdenking.

3. Hierdie onsekerheid betreffende die regsinnigheid van afgestudeerdes by Suid-Afrikaanse teologiese fakulteite is een van die hoofredes waarom kerke hulle verband met die Algemene Sinode al meer begin be­vraagteken. Al meer word opmerkings gehoor soos “Wat het ons te verloor as ons ons losmaak van die Algemene Sinode?” en “As ons nie meer aan die AS ver­bind is nie, kan ons predikante beroep van meer gereformeerde instansies (selfs elders in die wêreld)”. Dit is die dun ys waarop beweeg word met die roe­ke­loosheid van hierdie onregsinnige sogenaamde teoloë.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top