Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hartseer en vreugde

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Lettie Breytenbach van Heidelberg, Kaap, skryf:

Die briewekolom loop deesdae oor van negatiewe kritiek, hoofsaaklik teenoor die kerk en die gesindheid teenoor die gaydebat.

Dit maak my baie hartseer dat baie lidmate nog nie die hart van Christus ontdek het nie.

Ek is nie van Joodse afkoms nie, is uit die Bybelse hei­dendom bekeer tot Christus se leer. Daarom is die Ou-Testamentiese boeke en Levitiese wette agtergron­d­­­inligting om die beskutting van God die Vader oor vol­­kere te bevestig, maar ek is bevry van al die Joodse wet­te en voorskrifte deur Christus.

Ek voel my wel verbonde aan die verbond van Abra­ham en die Wet van Moses soos saamgevat deur Jesus. Die Wet van Liefde is omvattend, moeilik om deur­gaans uit te leef. Lees maar net Matteus 5-7. Maar die genade van God is so gróót.

Dit laat my besef dat ons sogenaamde gereddes nog nie ons presente/genadegawes wat volgens Efesiërs 4 op ons uitgestort is, oopgemaak en begin gebruik het nie. Huil Jesus nie oor ons nie? Maak ons nie die Gees hartseer nie? Die liggaam van Jesus word weer eens gekruisig deur ons versuime en stiksienighede.

Wat my baie vreugde verskaf in die Kerkbode is die Kerk en kuns-artikels deur André Bartlett. Ek glo daar sal sommer nog baie uit sy pen verskyn.

Onlangs het ons tussen vriende ’n gesprek gehad oor die sogenaamde mandala-“craze”. Vir my was dit ’n redelike oosterse/vreemde kultuurverskynsel en ek kan my brein ontlaai op ander wyses as om ingewikkelde mandalas te teken of in te kleur. Totdat ek oplet hoeveel “mandalas” ons kerkgeboue het in die vorm van kerkvensters. My eie NG gemeentekerk het die mooiste van mooiste “mandala” bokant die hoofdeur, maar sulke kunswerke is ingebou in feitlik al ons kerkgeboue.

Dit sal nogal ’n onderwerp vir Kerk en kuns wees om ons kerke se “mandalas” te bekyk.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top