Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Waarom so fout vind?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Marietjie van Pietermaritzburg skryf:

Hoekom maak kerkrade en lidmate dit partykeer so moeilik vir dominees om dominee te wees. Hoekom vergeet hulle dat elke lidmaat ’n koninkrykskind van God is, dat elke lidmaat in werklikheid kerk is?

So baie keer word ’n dominee op ’n troon geplaas en vergeet lidmate dat ’n dominee ook net ’n mens is, ’n feilbare mens wat geroepe gevoel is om ’n dominee te wees … om die evangelie vir ander feilbare mense oor te dra.

Hoekom kan veral kerkraadslede nie eerder die do­mi­nee bystaan as om fout te vind en af te kraak nie?

In die proses van seermaak veroorsaak so baie gemeentes dat ’n dominee sy/haar opgewondenheid verloor … opgewondenheid om die verbysterende werk waarvoor ’n dominee haar/hom geroepe voel te doen ter ere van ons lewende God.

Is dit nie tyd vir elke lidmaat /kerkraadslid om ook vir hulle dominee ’n ekstra myl te loop nie? En om ook te gee en nie net te wil ontvang nie?

Om nie net elke Sondag kerk toe te gaan om te ontvang nie … maar om elke Sondag te gaan met ’n oop gemoed om ons Here te gaan ontmoet en elke boodskap wat ons kry ons eie te maak! En uit te dra!


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top