Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ons het hard gewerk

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Pieter Hugo van Keurboomstrand skryf:

Ek dink nou al baie lank oor die voortdurende gesprek oor armoede en ongelykhede en voel dit is nou my ge­leentheid om my gedagtes te deel.

Eerstens oor die sogenaamde “ongelykhede”. Dit word gedurig aan ons, en dan word spesifiek verwys na blanke Afrikaners, voorgehou dat ons bevoordeel is in die ou bedeling, maar niemand wil erkenning daar­aan gee dat baie van die “bevoordeeldes” baie hard gewerk het om te bereik wat hulle wel bereik het nie.

Tweedens gaan armoede en die sogenaamde ongelykhede hand-aan-hand. Na my beskeie mening is die grootste “ongelykheid” in ons samelewing die grootte van die gesinne. Solank mense nog onoordeelkundig kinders verwek sal armoede nooit uitgewis word nie.

Dit blyk ook of die onderwerp van gesinsbeplanning taboe is want niemand in die kerk of die politiek is bereid om daaroor te praat nie of eens aan die begin­sel van gesinsbeplanning te raak nie!

Hoekom het ons net twee kinders? Omdat dit al is wat ons kon bekostig/versorg/klee en behoorlike universiteitsopleiding bied (waarvoor ek self betaal het). Hulle het albei elke jaar al hul vakke geslaag en ook elkeen ’n jaar voltyds nagraads gestudeer.

Ek is vandag afgetree en kan darem nog die pot aan die kook hou. Ek moet egter noem, sonder om politiek as verskoning te gebruik, dat nie ek, my pa of oupa ooit Nasionaal gestem het nie. Ons is/was “Bloedsappe”.

Ten spyte van my politieke “vooroordele” moet ek erken die ou voor ’94-bewind het ook goeie dinge gedoen.

Wat my vandag ook laat wonder is as mens na wêreldwye geweld en oorloë kyk dan word ruim 95% van hierdie geweld gepleeg deur mense wat “apartheid” wil hê! Was die ou bedeling nie die tyd vooruit nie?


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top