Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die enigste waarheid

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Cathy Schmidt van Durbanville skryf:

Nog altyd het ek groot respek gehad vir die akademie­se, slim “Skrifgeleerdes, Sadduseërs, priesters en fa­mi­liehoofde”. Maar ons lees van herhaaldelike pogings van sommige van dié leiers om Jesus uit te lok tot aan­klag teen Hom totdat hulle Hom selfs wou doodmaak!

Diepgaande verskille was en is nog altyd normaal en deel van lewe. Woorde soos “Zeitgeist”, “teologiese hongerdieet”, “oppervlakkige fundamentalistiese be­dryf”, “die groot fundamentalistiese gevaar met ’n ge­weer in die hand”, “alles in die Bybel kan nie as waar aan­vaar word nie” of “is een geloof dan beter as ’n ander?” spoel deesdae oor ons.

Vir my is die heilige geskrifte soos die Christelike Bybel, Shariawette, Koran, Pali, Suna, Tipitaka ens elk­een maar vol teenstrydighede wat deur die aanhangers daarvan self erken word.

Na drie maande van intense soeke na lig en leiding deur die Heilige Gees en gebed, is die Christelike Bybel vir my die enigste waarheid en waarheidsgeloof. Elke andersdenkende mag glo soos hulle dit “bedryf”, maar dit sal net regverdig wees as hulle ons “fundamen­ta­liste” ook sal toelaat om ons standpunt te huldig.

As ek as lidmaat van die NG Kerk dan God se on­ver­staanbare handelinge bevraagteken vir antwoor­de, dan is Hy ontroof van sy almagtige, alomteenwoordi­ge, allerhoogste Godheid.

Ja, in sy toorn het Hy kwaad geword en wou Hy selfs vir Moses doodmaak omdat hy God nie wou gehoorsaam en vertrou nie. Verstaan ons dit? Moet ons dit daarom oorboord gooi met ons beperkte kennis van so ’n groot God?

Jesus het die eenvoudige vissermanne as dissipels geroep, ook ander eenvoudige, gewone mense en hulle geleer “… soos een wat gesag het en nie soos die Skrifgeleerdes nie” (Mark 1:21-22).


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top