Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE DANABAAI

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature vir direkteur van musiekbediening
Sluitingsdatum: 15 Februarie 2017

Die kerkraad wag aansoeke in vir die pos van direkteur van musiekbediening in ons gemeente.

Die volgende pligte sal die verantwoordelikheid wees van die aangestelde:

  • Kennis van klavierbegeleiding. Ons gemeente het nie ’n orrel nie.
  • Kennis van klawerbordbegeleiding. Kennis van ander instrumente sal ’n aanwins wees.
  • Kennis van klassieke sowel as kontemporêre kerkmusiek
  • Sal verantwoordelik wees vir die bestuur van die hele spektrum van die musiekbediening in die gemeente wat die volgende insluit:
  • Begeleiding by voorsang
  • Begeleiding in eredienste
  • Koorafrigting
  • Begeleiding by begrafnisse
  • Begeleiding by troues
  • Begeleiding by die kategese-opening
  • Reëling van musiekfunksies vir die gemeente
  • Lid van die gemeentebedieningsgroep
  • Uitvoer van enige ander redelike opdragte ten opsigte van sang en begeleiding vanaf die kerkraad

Persone wat ’n bewese kennis en ondervinding het in gemeentebegeleiding, en wat in span­­verband kan werk en ’n passie het vir begeleiding van ons gemeente kan aansoek doen vir bogenoemde pos deur ’n kort CV met drie referente in te dien by die Diensteverhoudingekommissie voor of op 15 Februarie 2017.

Kortlys kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.

Diensaanvaarding is: 1 Maart 2017

Die aansoeke word gerig aan:

Die Voorsitter van die Diensteverhoudinge kommissie. NG Kerk Danabaai.
Per e-pos: ngkerkdanabaai@absamail.co.za

Navrae kan gerig word aan:
Oudl Cassie van die Merwe (Voorsitter van die DVK), tel: 082 337 3835
Oudl Attie Maritz (Leierouderling), tel: 082 380 4904
Ds Wehan Geldenhuys (Leraar), tel: 072 326 0901

Die kerkraad behou haar die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.