Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Voltydse vastetermynleraarspos vir termyn van drie jaar
SLUITINGSDATUM: 28 Februarie 2017
GEMEENTE:
Bethulie is ’n plattelandse gemeente (agt dorps- en vier plaaswyke; 218 lidmate, 23 dooplidmate). Vroeëre NG Sendingkerklidmate (200 lidmate, 68 dooplidmate) word as wyksgemeente bedien.
PLIGTE: Volgens die Kerkorde Art 9.
VERGOEDING:
Die totale pakket is R16 000 pm (onderhandelbaar) plus reiskoste vir gemeentewerk buite die dorp. ’n Ruim pastorie is beskikbaar, water, krag en telefoon ingesluit.
AANSOEKE:
Stuur per e-pos na die skriba: ngkerkbethulie@yahoo.com
Vermeld naam, ouderdom, huidige adres en volle kontakbesonderhede. Sluit ’n kort CV in met alle tersaaklike besonderhede.
SLUITINGSDATUM: 28 Februarie 2017.
NAVRAE:
Kobus Combrink (Voorsitter pre-advies taakgroep): 051 763 0347 of 072 103 7883
Ohna Beukes (Skriba): 051 763 0172
Martin Pienaar (Leraar): 051 763 0074 of 073 236 0668.
Die kerkraad behou hulle die reg voor om nie iemand uit die belangstellendes te beroep nie.
