Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Betrekking: Finansiële kantoorbestuurder (Saakgelastigde)
Sluitingsdatum vir aansoeke: 28 Februarie 2017 om 13:00.
Kantoorure: 08:30-16:00
Adhoc – Na ure soos nodig (vergaderings, bedieningsfunksies).
Funksies:
1. Finansiële administrasie
• Ontvangs van gelde
• Tel en kontroleer van kontant en ander fondse
• Krediteurebetalings
• Salarisse insluitend SARS (LBS, WVF ens.)
2. Boekhouding (Pastel)
• Opstel van state tot by proefbalans
• Opstel en rapportering van finansiële bestuursinligting
• Hantering en bestuur van maandelikse inkomste en uitgawes
• Opstel van gemeentestatistieke
• Voorbereiding vir ouditering
• Opstel en beheer van die begroting
3. Vergaderings
• Opstel van agenda
• Afneem van notules
• Skryf en sirkulasie van notules aan gemeenteleiers en bedieningsrade
4. Algemene administrasiepligte
• Afhaal van pos
• Aankope
• Kantoorbestuur
Vereistes:
• Minimum Graad 12 plus naskoolse finansiële kwalifikasie
• Minimum vyf jaar ondervinding in finansiële omgewing
• Uitstekende menseverhoudinge
Vaardighede:
• Rekenaarvaardig (Excel, MS Word, Outlook, Pastel)
• Sage One
• Sage One Payroll
• Beplanning en Organisering
• Interpersoonlike verhoudings
• Detail gefokus
Aansoeke moet gerig word aan: Die Voorsitter, Diensverhoudingskommissie.
Aansoeke moet in ’n verseëlde koevert by die kerkkantoor ingehandig word of kan per e-pos gestuur word na barendjohannes@gmail.com
Sluitingsdatum vir aansoeke: 28 Februarie 2017 om 13:00.
Diensaanvaarding: Mei 2017.
Die vergoedingspakket sal tydens die onderhoud bespreek word.
