Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die aarde is steeds heilig

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

GW Rafferty van Port Elizabeth skryf:

“Ons vertrekpunt is dat God die Skepper is. Daarom het ons respek vir die skepping.” Só lui ds Peet Crous van Lynnwood se woorde (Kerkbode, 3 Februarie 2017).

“Die woorde van ’n man se mond is diep waters, ’n stroom wat bruis, ’n fontein van wysheid” (Spreuke 18:4).

Die woorde, soos hierbo, van ds Crous, getuig van groot wysheid. “In die begin” het God ook die aarde wat woes en leeg was geskape. Orde is tot stand gebring, fon­damente is gelê ter voorbereiding vir die “lewe” wat Hy in gedagte gehad het. Lewe is geskep en gras­sprui­tjies, plante en bome is “gebore”; daarna die waterlewe, voëls, mak diere en wilde diere.

’n Heilige paradys het tot stand gekom, vars, skoon, rein, sondeloos, vreedsaam en vreesloos, vir alles wat asem gehaal het en God se Gees was teenwoordig. Ek glo dat al hierdie geskape wesens, asook plantegroei, bewus was van hulle Skepper.

Eers daarna is die mens geskape en die verantwoordelikheid gegee om te heers oor hierdie heilige skepping, maar toe ontstaan die tragedie en sonde word gebore, gevolg met die ontheiliging van die wonderwerke van ons God en Skepper!

Toe ontstaan die uitmoor van diere, voëls en vis. Die verwoesting van ’n boomryke aarde en uitroei van vele diere wat skielik ’n bedreiging geword het vir mens en dier. Soos wat vooruitstrewing en ontwikkeling aan die orde van die dag na vore kom, so maak geld sy verskyning en liefde vir geld bevorder die verwoesting verder.

God se Gees sweef nog steeds vandag oor die waters en land. Die ganse aarde is nog steeds heilige gebied! Dit maak seer vir mense wat na aan God leef om waar te neem hoedat God nie meer gereken word as Skepper en Eienaar van alles nie.

Ds Crous, u verheerlik God se Naam! Mag vele lesers se oë oopgaan.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top