Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

FAKULTEIT TEOLOGIE, UP

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

SLUITINGSDATUM: 22 Mei 2017.

In ons strewe na uitnemendheid en diversiteit wag die Universiteit van Pretoria op aansoeke vir die volgende vakature.

Die Universiteit van Pretoria se verbintenis tot kwaliteit maak ons een van die vooraanstaande navorsingsuniversiteite in die land en gee ons ʼn mededingende voordeel in internasionale wetenskap- en tegnologie-ontwikkeling.

PLIGTE:

Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir:

  • Onderrig op beide voor- en nagraadse vlak in die Nuwe Testament;
  • Vakkundige navorsing in die Nuwe Testament en verwante literatuur;
  • Begeleiding van  magister- en doktorale studente;
  • Die mentor van studente op voorgraadse vlak;
  • Die uitvoer van akademiese administrasie en bestuur;
  • Die uitvoer van ander pligte soos deur die Departementshoof gedelegeer.

 MINIMUM VEREISTES:

  • ’n Doktorsgraad (of byna voltooid) met spesialisering in die Nuwe Testament;
  • Antieke Grieks op ten minste derdejaarsvlak;
  • ’n Bewese rekord van tersiêre onderrigervaring op voorgraadse vlak in die Nuwe Testament (indiening van ’n onderrigportefeulje word vereis).

Die posvlak sal bepaal word volgens die kandidaat se professionele portefeulje. Die volgende standaarde is ’n aandui­ding van die toepaslike posvlak:

Senior Lektor:

  • Ten minste ʼn magistergraad met verdere spesialisasie in Nuwe-Testamentiese Wetenskap (soos bewys deur die onderwerp van ʼn doktorale tesis asook ander vakwetenskaplike publikasies);
  • Ten minste een jaar tersiêre of verwante onderrigervaring;

Medeprofessor:

  • ’n Doktorsgraad met spesialisasie in Nuwe-Testamentiese Wetenskap;
  • Ten minste drie jaar onderrigervaring/-betrokkenheid in ’n tersiêre opleidingsinstansie;
  • Bewese navorsingsrekord van akademiese publikasies in Nuwe-Testamentiese Wetenskap;
  • Nasionale erkenning as ’n gevestigde akademikus;
  • Suksesvolle begeleiding van nagraadse studente tot op magistervlak.

Professor:

  • ’n Doktorsgraad met spesialisasie in Nuwe-Testamentiese Wetenskap;
  • Ten minste vyf jaar onderrigervaring/-betrokkenheid in ’n tersiêre opleidingsinstansie;
  • Bewese publikasierekord van navorsing in nasionale en internasionale geakkrediteerde en eweknie-geëva­lueerde vakjoernale;
  • Internasionale erkenning as ’n gevestigde akademikus;
  • Suksesvolle begeleiding van nagraadse studente op doktorale vlak.

 VEREISTE BEVOEGDHEDE (VAARDIGHEDE, KENNIS EN GEDRAGSEIENSKAPPE):

  • Toepaslike taal- en kommunikasievaardighede;
  • Gespesialiseerde navorsing in enige veld van Nuwe-Testamentiese wetenskap met bewys van eweknie-erkenning.

BYKOMENDE VOORDELE EN VOORKEURE:

  • Lidmaatskap van ten minste een vakkundige vereniging wat verband hou met Nuwe-Testamentiese wetenskap;
  • Nagraadse kwalifikasie in Antieke Grieks word sterk aanbeveel;
  • Bewese rekord van toesighouding tot voltooiing van magister- en doktorale studente;
  • Gemeenskapsbetrokkenheid.

Die omvattende vergoedingspakket vir hierdie pos word vasgestel ooreenkomstig die posvlak waarop die kandidaat aan­gestel word en in ooreenstemming met die beleid van UP. (Hierdie bedrae sluit die Universiteit se bydrae tot stan­daard UP-voordele in, naamlik voorsorgfonds en groeplewensversekering asook begrafnisdekking, maar sluit nie mediese fondsbydraes in nie aangesien dit per personeellid verskil.) UP onderskryf die BESTMED mediese skema en dra 50% van die toepaslike maandelikse paaiement by.

 Aansoekers word versoek om elektronies aansoek te doen by www.up.ac.za en volg die skakel: Careers@UP.

Om aansoek te doen vir hierdie pos, heg asseblief aan:

  • ’n Omvattende CV;
  • Gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies;
  • Die name, e-pos- en telefoonbesonderhede van drie referente wat ons mag kontak;
  • Die name en kontakbesonderhede van eweknie-beoordelaars (akademie en navorsing);
  • Selfevaluering.

SLUITINGSDATUM: 22 Mei 2017.

Geen aansoek sal oorweeg word as dit na die sluitingsdatum ontvang word nie, of as dit nie ten minste aan die minimum posvereistes voldoen nie.

NAVRAE: Prof E van Eck, Tel: 012 420 3804.

Indien daar nie teen 31 Mei 2017 met u in verbinding getree is nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.

 Die Universiteit van Pretoria is verbind tot gelykheid, diensbillikheid en diversiteit.

Volgens die Universiteit van Pretoria se diensbillikheidsplan, -doelwitte en -teikens, mag voorkeur verleen word aan kandidate uit voorheenbenadeelde groepe, maar word nie noodwendig daartoe beperk nie.

Alle kandidate wat aan die aanstellingsvereistes voldoen, word uitgenooi om aansoek te doen.

Die Universiteit van Pretoria behou die reg voor om nie die geadverteerde poste te vul nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.