Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 18 Junie 2017.
GEMEENTEPROFIEL:
Hierdie gemeente is geleë binne in ’n boerderygemeenskap in die Noordwes-Vrystaat en ongeveer 140 km vanaf Bloemfontein.
Ons is ’n behoudende gemeenskap.
Daar is 298 belydende lidmate, 78 dooplidmate en bestaan uit ses plaaswyke en vyf dorpswyke.
Hertzogville het ’n baie goeie laerskool en het ook ’n Bejaarde Dienssentrum vir selfversorgende bejaardes.
LERAARSPROFIEL:
- Gereformeerde en evangeliese prediker wat die gesag van die Skrif aanvaar.
- Leraar wat sal aanpas in plattelandse gemeenskap.
- Die kandidaat se ouderdom moet verkieslik tussen 30 en 50 jaar wees en hy moet getroud wees.
- Leraar se vrou moet betrokke wees.
- ’n Herder wat in spanverband kan saamwerk en met ’n visie vir geestelike vernuwing – nie net suiwer verandering nie.
- ’n Kreatiewe dinamiese persoon wat nie net oor tegnologiese vaardighede beskik nie, maar wat ook bestuursvernuftig is.
- ’n Energieke persoon met ’n passie vir mense.
- Kontak deur middel van huisbesoek is baie belangrik.
- Iemand wat met entoesiasme leiding, motivering en samewerking kan bewerkstellig en die Lewende Woord in alle omstandighede suiwer bedien.
WERKSPROFIEL:
- Ampspligte: Ingevolge Artikel 9 van die Kerkorde.
- Vergoeding: Totale vergoedingspakket – onderhandelbaar “binne Sinodale riglyne”.
Die gemeente bied ’n gerieflike, ruim en netjiese pastorie vir inwoning.
AANSOEKE:
Gee ’n duidelike uiteensetting van hoe u u rol as leraar sien, ’n CV, met drie referente, moet u aansoek vergesel.
Rig u aansoek en CV per e-pos aan, nghzvl@gmail.com
Sluitingsdatum: Aansoeke sluit 18 Junie 2017.
Diensaanvaarding: 1 Oktober 2017.
Vir enige verdere navrae, kontak vir Martie de Koker (skriba) by 053 421 9112 (k), of vir
ds Francois du Plooy (konsulent), by 082 737 1792, of vir Johan van Rensburg (Voorsitter van die Kerkraad) by 082 374 7898.
DIE KERKRAAD BEHOU HOM DIE REG VOOR OM NIEMAND UIT DIE BELANGSTELLENDES TE BEROEP NIE.
