Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Deeltydse vastetermynpos (drie jaar)
Aansoeke sluit om 24:00 op Sondag 4 Junie 2017.
Die kerkraad nooi gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid binne die NG Kerk om aansoek te doen vir bogenoemde vakature.
1. Gemeenteprofiel:
1.1. Die gemeente is deel van die Noordelike Sinode van die NG Kerk en val binne die ringsgebied van Pretoria-Oos.
1.2. Die gemeente is geleë in die residensiële gebied van Monumentpark-Wes met ’n aantal lidmate wat van elders hier inskakel.
1.3. Die gemeente bestaan uit 443 lidmate waarvan 338 belydende en 105 dooplidmate is. Die belydende lidmate word saamgestel uit drie groepe soos volg: 19-45 jr – 133, 46-59 jr – 103 en 60-80 jr – 118. Laasgenoemde groep is goed georganiseerd terwyl die middelste groep besondere aandag nodig het aangesien die dooplidmate ook deel van hierdie huisgesinne vorm.
1.4. Die gemeente is missionaal ingestel met ’n goed georganiseerde kerkraad wat verantwoordelikheid vir al die aksies neem. Die klem val op die kerk as liggaam van Christus met die leraar as geestelike leier en toeruster terwyl die kerkraad saam met ’n goed ingerigte administratiewe kantoor die bedieningstruktuur prakties laat realiseer.
1.5. Die spiritualiteitsprofiel van die gemeente is oor die algemeen ’n kombinasie van rasionele denke en die behoefte aan belewenis. Persoonlike kontak tussen lidmate en die lidmate met die leraar (en sy gade) is van groot belang.
1.6. Die missie van die gemeente is: Saam in aksie vir Christus.
1.7. Die bediening geskied vanuit ’n goed toegeruste gebouekompleks.
2. Leraarsprofiel:
2.1. Die hantering van die Woord aan die hand van krities verantwoordelike eksegese is van kardinale belang. Geen fundamentalisme word aanvaar nie.
2.2. Die suksesvolle kandidaat sal ’n ervare leraar wees (minstens 10 jaar bedienings-
ervaring) wat die gemeenteprofiel met entoesiasme en toewyding in ag sal neem.
2.3. Die leraar se motivering om vir die pos aansoek te doen, moet kom vanuit ’n eerlike roepingsbesef en nie omdat ’n bykomende inkomste verlang word nie.
2.4. ’n Persoon wat gemaklike interpersoonlike verhoudinge handhaaf.
2.5. Die leraar moet gemaklik wees met ’n deelnemende bestuurstyl.
3. Aansoekprosedure:
3.1. Belangstellendes stuur ’n beknopte CV per e-pos aan die kerkkantoor en voltooi ’n vraelys wat by die kerkkantoor beskikbaar is. Persone wat op die kortlys geplaas word, moet ook gewillig wees om ’n gedragsontledingstoets te ondergaan (op koste van die kerkraad). In die aansoek moet besonderhede van ten minste drie verwysings gemeld word. Aansoeke sluit om 24:00 op Sondag 4 Junie 2017.
4. Vergoeding: Sal onderhandel word.
5. Diensaanvaarding: 1 Augustus 2017.
6. Navrae: Mev Lee-Anne Bisschoff: 012 347 7536 of kerkkantoor@monwes.co.za, mnr Marius Mostert 082 781 1654 of mhmostert@gmail.com, dr Martin Lazenby 079 493 4957 of doklazenby@gmail.com
7. Die kerkraad behou hom die reg voor om sonder opgaaf van redes nie aanstelling/beroep uit die aansoekers te doen nie.
