Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE VIR JEUGWERKER – VASTETERMYNPOS
SLUITINGSDATUM: 25 Junie 2017
GEMEENTEPROFIEL:
Nelspruit-Suid is ’n dinamiese en groeiende gemeente met ’n visie wat hierby pas.
Ons verheerlik God
Ons dien mekaar
Ons bereik die wêreld
Van die 2 000 lidmate is 66% jonger as 45 jaar. Hier is ’n aktiewe jeugbediening met gevestigde strukture. Twee leraars bedien tans die gemeente.
PROFIEL VAN KANDIDAAT:
- Die kandidaat moet ’n passie vir jeugwerk hê en verkieslik nie ouer as 30 jaar wees nie.
- Toepaslike kwalifikasies sal in ag geneem word.
- Ervaring in kerklike jeugwerk sal ’n aanbeveling wees.
TAKE:
- Behartig alle aspekte van die jeugbediening van die gemeente.
- Betrokke by die kinderbediening soos verlang.
- Uitreike, fondsinsameling en aksies wat betrekking het op die jeug.
- Netwerking met ander jeuggroepe in die gemeenskap.
AANSOEKE:
Aansoeke moet ’n volledige Curriculum Vitae met die volgende insluit:
- Persoonlike besonderhede, ervaring en kwalifikasies.
- Gawes en belangstellings.
- Minstens twee verwysings.
VERGOEDING:
- ’n Bogemiddelde mededingende pakket word aangebied.
- Eie vervoer.
ONDERHOUDE:
- Onderhoude sal gevoer word met gekeurde kandidate.
- Diensaanvaarding so gou as moontlik.
SLUITINGSDATUM: 25 Junie 2017
RIG AANSOEKE AAN:
Die Voorsitter
Jeugbediening
Posbus 19483
NELSPRUIT
1200
Faks: 013 744 0543
E-pos: ngnelspruitsuid@telkomsa.net
NAVRAE:
Ds L Pienaar 082 878 1743
Kerkkantoor: 013 744 1925 (tussen 07:30 – 12:30)
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die aansoeke nie.
