Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Leraar, vastetermyn, kontrak (een jaar)
Sluitingsdatum: Vrydag, 17 Julie 2017.
Die gemeente het omtrent 230 lidmate en 25 dooplidmate.
LERAARSPROFIEL: Die volgende vereistes is van besondere belang met die oog op ’n beroep:
- Die posbeskrywing sluit die primệre funksies van die predikant in – soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
- Leersuiwerheid in alle fasette van gemeentewerk en persoonlike opbou van die gemeente.
- Kontak deur middel van huisbesoek (ten minste een keer per jaar), plus pastorale besoek.
- Daar word van die persoon verwag om Sondae, plus drie dae per week te werk, asook Goeie Vrydag en Kersdag, Week van Gebed en Pinkster word ingesluit.
- Begrafnisse hanteer soos van tyd tot tyd benodig word.
- Die persoon moet betrokke wees by gemeente-organisering en funksies.
POSBESKRYWING: Hierdie is ’n vastetermynpos (kontrak) vir een jaar. Indien dit tot voordeel van die gemeente en leraar strek, kan die termyn deur die kerkraad as verteenwoordigers van die gemeente, in oorleg met die leraar verleng word, ooreenkomstig die besluite van die NG Kerk oor vastetermynposte.
VERGOEDINGSPAKKET: Die totale vergoedingspakket is R12 000 per maand wat gestruktureer sal word volgens situasie en behoefte – GEEN BEHUISINGSVOORDEEL IS BESKIKBAAR NIE.
AANSOEKE: Stuur asseblief u aansoek en CV, met twee referente aan:
Die Skriba
NG Kerk Parys-Suid,
Posbus 387,
Parys 9585.
E-pos: ngkerkparyssuid@telkomsa.net
NAVRAE: Piet Fouche, Kerkraadvoorsitter, sel 060 502 0200.
SLUITINGSDATUM: Vrydag, 17 Julie 2017.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit enige van die aansoeke te maak nie.
