Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leiers moet hervorm

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Jan Fielies van Bredasdorp skryf:

Ek wil ook graag by die vier elemente van leierskap wat prof Piet Naudé uitlig (Kerkbode, 2 Junie) die volgende byvoeg: Hervorm.

’n Goeie leier hou aan om te hervorm en staan ­nooit by een sukses stil nie. Leiers mag nooit agteroor gaan sit en dink dinge sal vanself regkom en glad verloop nie. Probleme kan enige tyd opduik en hulle moet gereed wees om dit te hanteer. Leiers moet altyd hulle planne monitor en nie wag totdat dit te laat is nie.

Leiers sal dikwels teleurgesteld wees in mense wat hulle vertrou het of mismoedig voel wanneer jy sien hoe jou planne verkeerd loop. Moenie moed verloor nie. Dit is deel van ’n leier se werk.

Wees gewillig om jou planne te verander, of om self te verander volgens God se duidelike leiding in die Bybel.

Mag God elke leier in ons kerk gebruik en seën terwyl hulle mense op die pad van gehoorsaamheid en blydskap lei. Mag hulle die leiers wees wat God se mense in ’n tyd soos hierdie nodig het.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top