Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Geloofsbelydenis 2018

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Schalk Burger van Pinehurst, Durbanville skryf:

Here, ek glo in U as die Almagtige.

Here, ek glo in U as my Vader wat verlore kinders tuis verwelkom.

Ek glo in Jesus wat die brood is wat lewe gee en my in my onstuimigheid wil bring by waters waar daar vrede is.

Ek glo dat in Hom lewe is en dat my geloof in Hom sinvolheid tot my eie lewe toevoeg.

Ek glo in Hom as die Weg waarlangs ek Huis toe loop.

Ek glo in die Gees wat my help om te glo; wat my op wegdraaipaaie voortdurend wil oortuig van die Welkom-matjie by God se voordeur.

Maar, Here, my Here, hoekom sukkel ek dan so om te glo?

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top