Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gebruik die toep: YouVersion

As jy ’n slimfoon (enige selfoon met internettoegang) het, kan jy die YouVersion-toep daarop aflaai.

Met meer as ’n 1 000 Bybelvertalings kan jy bykans alle Afrikaanse vertalings daarop lees. Jy kan kies en keur uit ’n reeks uitstekende Engelse vertalings, of verskeie van ons land se ander amptelike tale soos isiXho­sa (twee vertalings!). Van sommige vertalings is daar ook ’n oudioweergawe beskikbaar.

Net soos in jou gewone Bybel kan jy teksverse onderstreep met ’n verskeidenheid kleure. Jy kan ook notas maak by die teks, ’n boekmerk insit, die gedeelte vinnig-vinnig met ander vertalings vergelyk, dit op verskeie platforms deel of ’n pragtige prent maak en dié vir jouself bêre of met ander deel.

Verder bied die toep ’n magdom leesplanne. Jy kan op meer as een manier herinner word aan dagstukkies of teksverse.

YouVersion maak Bybellees ook ’n sosiale ervaring. Jy kan met jou vriende connect soos op sosiale media. Jy en jou vriende kan, afhangende van jul privaatheid­stellings, sien watter tekste julle onderstreep, watter lees­planne julle volg en hoe julle vorder. Julle kan kommentaar lewer en ’n lekker gesprek voer, of net gewoon “hou van” mekaar se onderstreepte gedeeltes of prente.

Ons gemeente het ’n YouVersion-profiel, wat bete­ken dat ons leraars lekker stiltetyd-interaksie kan hê met die lidmate wat “vriende” is met die gemeente.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top