Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Neem standpunt in – leef volgens morele waardes

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Gerrie Viljoen van Rustenburg skryf:

Ek is bly oor die rubriek “Onthullings” in die Kerkbode van 1 Desember 2017 deur ds Nelis Janse van Rensburg.

Dit is hoog tyd dat die lidmate en leiers van die NG Kerk hulle duidelik uitspreek teen die morele verval in ons land. Is dit die kerk se foute ten opsigte van apartheid en die kleitrappery met selfdegeslagverhoudings wat veroorsaak het dat mense skugter is om openlik ’n standpunt teen morele verval in te neem?

Ek stem saam met genoemde artikel oor die verval op talle terreine, ek meen dat ons in Suid-Afrika die ergste laagtepunt bereik het sedert 1994. Waarmee ek verskil is dat rassisme wel baie wyd voorkom in die kringe waarin ek beweeg. Ook is dit verwerplik dat, veral twee politici, nie toesprake kan hou sonder rassistiese haatspraak nie!

Graag wil ek alle ouers, onderwysers, predikante, jeugwerkers en ander belanghebbendes aanmoedig om almal, veral ons jeug, te motiveer en op te voed om volgens morele grondbeginsels te leef! Ook die Kerkbode, TV- en radioprogramme kan ’n belangrike rol speel in die bevordering van morele waardes.

Elke lidmaat behoort hulleself voor te neem om vol­gens morele waardes te leef. Dis ons roeping en plig!

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top