Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Lutherane en NG Kerk wil saamwerk

De Lutheraanse kerke in Suid-Afrika wil nouer samewerking met die NG Kerk hê, onder meer met die moontlikheid dat hul­le in die toekoms NG predikante kan beroep.

So sê dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, na ’n ont­moeting tussen die leierskap van The Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (ELCSA) en die moderatuur van die NG Kerk. ELCSA bestaan uit drie onafhanklike kerke wat in ’n verband met mekaar staan.

Die leierskap van ELCSA het bestaan uit drie van hulle biskoppe: Gil­bert Filter (Biskop van die Kaapse kerk en verteenwoordiger van ELCSA by die kweek­skool op Stellenbosch), Horst Muller (Biskop van Pretoria) en Bur­gert Brand (Biskop van Namibië en tans voorsitter van die teo­lo­gie­se opleiding).

Van die verantwoordelikhede wat ELCSA se lidkerke met mekaar deel, is teologiese opleiding. Juis daaroor wou hulle ook met die NG Kerk praat.

Claassen sê ELCSA het reeds ’n goeie verhouding met die teologiese fa­kulteit op Stellenbosch. Hulle meen die ekumeniese opset in Stellenbosch bied belangrike blootstelling vir hulle studente.

Die NG Kerk werk op verskeie ekumeniese forums saam met die Luthe­rane. ’n Memorandum van Samewerking tussen die twee kerke gaan nou opgestel word.

* Die NG Kerk het ook die afgelope tyd met ander groepe in die breë samelewing gesels. Dit sluit in die EFF en Solidariteit. Volgens dr Gustav Claassen is daar ook gesprekke in die vooruitsig met die Vryheidsfront+ en met die Demokratiese Alliansie. Hulle het ook ’n gesprek met die ANC aange­vra, maar Claassen twyfel of dit in die lig van die interne woelinge in die ANC gou sal gebeur.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top